21 September -België

Ons uitstappie vanaf Zeebrugge vertrek eers van een uur die middag. Ons het dus laat geslaap en in die bed gelê en nog bietjie wonde gelek.

Vanaf  Zeebrugge, deur die res van Flandere is jy deurlopend bewus van die Middeleeuse atmosfeer.

Ons eerste stop is in Damme. ʼn Klein sonderlinge dorpie wat bekend is vir sy baie boekwinkels. Ons het bietjie rondgekyk en toe by ʼn straatkafee gaan sit en tee drink.

cof

ʼn Groot interessantheid van Damme is die twee kanale wat langsmekaar vloei.

C Kanale 20170921_België66

Die een kanaal, die Leopoldkanaal was genoem die Blinker en die Schipdonkkanaal was die Stinker. Die rede vir die name was dat, daar in die middel tot laat 1800’s, in die Leopoldkanaal skoonwater gevloei het. In die Schipdokkanaal was besoedeldewater wat van die industrië, verder land in, see toe vervoer is. Klaarblyklik word die water nou behande en het beide kanale skoon water.

Van Damme af is ons na die Loppemkasteel. Dit is ‘n pragtige kasteel wat uit die 1700’s dateer en  aan een van die invloedryste Belgiese families behoort het. Die kasteel en die tuine is in 1974/75 oopgestel vir besoeke deur die publiek as toeristeaantreklikheid.

cof

Ons het op ʼn baie goeie gidstoer deur die kasteel gegaan:

Van Loppem-kasteel af is ons na ʼn Sjokolade makery in Brugges.

Die Belgiese sjokolade is ʼn sonde. Ons het vir van die familie en vriende gekoop maar, jammer vir hulle, die meeste het nie Suid-Afrika gehaal nie.

Ons is na die uitstappie vroeg genoeg terug op die skip om rustig op die dek-opeligkroeg te sit waar ons ‘n Belgiese biertjie geniet het.

20170921_België04

 

3 thoughts on “21 September -België

Lewer kommentaar