22 September – Amsterdam, Nederland

Ons vaar weereens deur die nag. Hierdie keer van Zeebrugge, België na Amsterdam in Nederland toe.

Die is lig toe ons by Amsterdam kom. Dit voel of ons ʼn ewigheid en nog ʼn bietjie om by tot die vasmeerplek te kom. Die enigste ingang na die Amsterdamhawe is deur Ijmuiden dam.  Die skip het die dam omtrent ses uur die oggend ingevaar en ons het eers negeuur vasgemeer. Ek moet sê die omgewing is indrukwekkend. Dit is veral die hoeveelheid wind-terbunis vir kragopwekking wat beïndruk.

Van die Ijmuiden dam is ons deur die noordsee-kanaal wat vanaf 1865 tot 1876 gebou is om dit vir skepe moontlik te maak om die middel van Amsterdam te bereik.

Amsterdam was vir ons, vanaf die vasmeerplek by die hawe gesien, nie wat ons verwag het nie.  Daar was weinig “skyscrapers”  In vergelyking met die Johannesburg of Kaapstad horison was dit maar plat.

oznor

Daar is wel ook pragtige moderne geboue.

ozedf

 

ozedf

As ons ooit getwyfel het of die Hollanders fiets-mal is, is dit nou bevestig:

@20170922_Nederland13

Die uitstappie waarop ons vir Nederland besluit het, was die Windmeulens en Kanaal toer.  Ons bymekaar kom tyd was 11:15 vm. en weer in die Green Sax Bar. Van daar is ons na ons bus.

My eerste gedagte toe ons die Nederlandse platteland inry was dat daar verskriklik baie water is. Ek het gedink die mense wat die land moes drooglê het nie goeie werk gedoen nie want behalwe vir die kanale het daar oral groot plasse water gelê.

Oral langs die pad was tradisionele ou windmeulens.

 

@5 de-zaanse-schans

Ons eerste besienswaardigheid was die tradisionele Nederlandse dorpie Zaanse Schans.

Die bus het by ʼn kaasfabriek gestop en die passasiers wou, voor hulle kyk hoe word kaas gemaak, eers gou toilet toe. Die toilette was duidelik gemerk:

@6 20170922_Nederland06

Ons kon agterkom hoekom die Hollanders bekend is vir hulle kaasmakery.  Behalwe dat die gids in die kaasfabriek ʼn komediant is, is hy ʼn kaaskenner. In sy tradisionele drag het hy ons trakteer met die beste kase en amusante opmerkings.

Die fabriek winkel:

@ 8 8218819304_9300288fa1_b

Ek en die kaasmaker:

@7 20170922_Nederland07

Na die kaasfabriek besoek is ons, op dieselfde perseel, na ʼn klompemakery.

Die demonstrasie van hoe klompe gemaak word is deur ʼn meisie gedoen. Die was ongelooflok hoe sy die masjiene hanteer en hoe vinnig sy ʼn paar klompe van ʼn gewone stuk hout maak.

@20170922_Nederland04

Die paar wat ek aangepas het, was bietjie groot:

@20170922_Nederland44

Ons het ook ʼn foto van ons in tradisionele Hollandse drag:

@20170922_Nederland38

Langs die plek waar die klompe gemaak word, het ons ʼn klein windmeul aandenking by die aandenkingwinkel gekoop voor ons na die De Kraai pannekoek restaurant is.  Hier bestel jy by die toonbank waar jy dan ʼn gadgit kry:

@20170922_Nederland11

Sodra jou bestelling gereed is, begin die gadgit flikker en dan gaan haal jy jou kos by die toonbank:

Ek het ‘m appelpannekoek geëet en Jan een met spek en kaas:

@20170922_Nederland54

Hulle rol nie die pannekoek soos ons nie en bak die vulsel in die pannekoek in.

Van Zaanse Schans is ons terug Amsterdam toe.

Nie ver van die dokke waar ons skip vasgemeer was nie, is ons op ʼn kanaalboot van waar ons op ʼn kanaaltoer deur Amsterdam is.

 

Dit was een van die minder aangename ondervindings.  Behalwe dat dit gereën het, was die gidskommentaar, wat deur luidsprekers gedoen is, verwarrend en nutteloos.

Die kanaal en geboue was wel interessant maar ons het gevoel ʼn selfgereëlde toer deur die stad sou dalk meer die moeite werd gewees het.

Geboue langs die kanaal:

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s