Die Metafoor – “Aftree”

Oggende opstaan sonder die normale… geliefde… roetine.

Beplan maar die voel of niks in plek kom nie.

Gejaag om dinge gedoen te kry… en klaar te kry… en reg te kry voordat…

Voordat wat?

Voordat die rustigheid intree…

Voordat ek kan begin om daardie dinge te doen wat ek myself belowe het ek sal doen wanneer ek afgetree het…

Almal is stadig…

Tyd het geen inpak op hulle nie…

Ek jaag alleen resies met die wind!

Is ek haastig om nie die eindpunt te bereik nie?