Trees

I think that I shall never see
A poem lovely as a tree.
A tree whose hungry mouth is pressed
Against the earth’s sweet flowing breast;
A tree that looks at God all day,
And lifts her leafy arms to pray;
A tree that may in Summer wear
A nest of robins in her hair;
Upon whose bosom snow has lain;
Who intimately lives with rain.
Poems are made by people like me,
But only God can make a tree.
Alfred Joyce Kilmer 1886–1918

Weskus en Kagga Kamma – verder oor Dag 3 tot Dag 6 by Kagga Kamma

Ek het lankal geleer dat uitroeptekens, aksenttekens en byvoeglike naamwoorde groot sondes is (iets wat ons groot Afrikaanse resensent blykbaar nooit geleer het nie) maar ek kan ongelukkig nie anders as om Kagga Kamma, letterlik en figuurlik, as asemrowend te beskryf nie.

Die akkommodasie wissel van eenhede binne rotsformasies tot huisies soos die waarin ons tuisgegaan het. Die uitsig van enige van die eenhede af is pragtig:

Kagga Kamma stoep 2

Kagga Kamma Stoep 1

Die natuur kan van die restaurant/kroeg af langs die staproete besigtig word:

staproetes 2

 

Staproetes

Rotsuitsig oor kroegstoep

Daar is selfs ʼn driving range/dam:

Kagga K driving range

Daar is ʼn pragtige swembad en dassies, wat hulle glad nie aan die besoekers steur nie, wat om die swembad rondspeel:

Swembad

En kan nie nalaat om my twee nuwe vriende bekend te stel nie. Die twee jong manne bly met hulle gesinne op die perseel. Ontmoet Boeta en Kevin:

Weskus en Kagga Kamma – Dag 3 tot dag 6 Kagga Kamma

Ons is vroeërig Vrydagoggend weg uit Lambertsbaai.

Kagga Kamma was vir ons ʼn opwindende onbekende wat op ons gewag het. Ons het al van die plek gehoor. Om presies te wees, ek het net eenkeer van die plek gehoor maar die

naam het my aandag geprikkel en ek het die plek ge-google. Die fotos en beskrywings op internet was aandag prikkelend.

Van Lambertsbaai moes ons terug ry Citrusdal toe. Van Citrusdal na ʼn klein dorpie met die interessante naam Op Die Berg. Ten spyte daarvan dat die pad is stuk-stuk geteer is, is dit ongelooflik mooi. Dit lyk of net die dele wat erg gevaarlik tydens die reën seisoen gevaarlik is, geteer is.

P1070030

Net voor die dorpie met die vreemde naam, Op Die Berg, is die afdraai na Kagga Kamma. Ons het eers daar aangegaan vir brandstof. Die enigste plek in die dorp waar jy kan brandstof kry is by die koöperasie. Jy maak buite die koöperasie vol, kry ʼn handgeskryfde strokie by die joggie en gaan betaal dan binne by die kassier.

Dit is ongeveer sestig kilometer van Op Die Berg af tot by Kagga Kamma. Weereens ʼn baie mooi pad maar alles grondpad.

Daar is pragtige rotsformasies op pad Kagga Kamma toe. Dit lyk letterlik of die rotse gesny en bo op mekaar gepak is:

Weskus en Kagga Kamma – Dag 2 Lambertsbaai

Van Morreesburg, met Johan en Anne-Mari se gasvryheid, is ons vroeg weg Lambertsbaai toe. Izak het gehoor die snoek loop en ons moet hulle vars uit die see kry.

By die vakansiehuis in Lamberstsbaai het ons net vinnig ons bagasie afgepak is, is ons af hawe toe om vars snoek te koop.

Nou moet ek eers noem: Lambertsbaai was vir ons ʼn skok! Ons vorige besoek aan Lambertsbaai was in 2004. Ons onthou dit as die rustige, skoon Weskusdorpie. Ons het daardie tyd in ʼn pasgeboude woonstelblik op die strand tuisgegaan en het met moeite weer van die dorp af weggegaan.

Die Lambersbaai wat ons hierdie keer belewe het, was die ander uiterste. Miskien was dit omdat die snoek so wild uitgekom, of “geloop” het. Dit was ʼn miernes van hengelaars, visverkopers, bedelaars en leeglêers.

Labertsbaai Hawe:

Lambertsbaai Hawe

Izak het onderhandel vir snoek Die snoek pryse het gewissel so van vyf en sestigrand tot vyf en sewentigrand. Izak het onderhandel vir vyf en vyftigrand per snoek en vyf snoeke word in ʼn skottel agter in die kar gelaai.

So ongemerk probeer Izak toe ook ʼn paar krewe reël. Hy vra, onder andere, vir een van die vissermanne of hy nie ʼn “ietsie”, bedoelende kreef, by die huis het nie? Die visserman antwoord geskok en half geïrriteerd “Ek? Het ek iets by die huis? Nee man, ek het fokall net ʼn vrou en twee honne.”

Een ou het klaarblyklik gehoor Izak soek kreef want hy kom staan ewe geheimsinnig hier naby Izak en vra saggies “Soek Meneer kreef?”

“Ja” antwoord Izak ewe geheimsinnig “Het jy?”

“Ja Meneer ek het vier grotes.”

“Lewe hulle nog?” vra Izak

Die man kyk hom seergemaak aan “Natuurlik lewe hulle nog Meneer.”

“Waar’s hulle?” vra Izak

Die ou beduie met sy kop in ʼn rigting wat vir nie een van ons iets beteken nie.

“Hoeveel?” vra Izak terwyl hy sy wysvinger en duim teenmekaar vryf.

“Driehonderd.” antwoord die man.

“Honderd en vyftig” sê Izak

“Tweehonderd en vyftig” sê die man

“Tweehonderd” sê Izak met ʼn gesig wat vir die man behoort te sê dit is die laaste bod.

“Dis reg Meneer.” stem die man in.

“Waar kry elk hulle?” vra Izak.

Met ʼn “Meneer moet net hier in die straat opry en so een blok vêrder vir my wag. Ek gaan haal hulle gou.” is die ou daar weg.

Na omtrent ʼn halfuur se wag by die afgepreekte plek kom die ou, met ʼn Spar sak in die hand, daar aan. Hy kom staan weer ewe geheimsinnig met die sak langs die kar.

“Jy sê hulle lewe nog?” vra Izak weer.

“Ja meneer.” antwoord die man.

Izak gee hom die ooreengekome tweehonderd rand “Sit hulle in die kattebak onder die snoek.”

Ons ry vinnig huis toe want Izak wil die kreef gaarmaak voor hulle vrek.

By die huis pak Izak sy aankope uit die kattebak en gee ʼn kreun “Ek is vir ʼn ride gevat.” kla hy teleurgesteld.

“Wat is fout?” wil Erina bekommerd weet.

Izak lig die “kreef”sak uit en maak dit oop. Binne in die sak is ʼn klip en twee ou afgeleefde skoene.

Kyk, ek het gesorg dat Izak hierdie winskopie nie gou vergeet nie.

Gelukkig is die Jouberts nie mense wat so ʼn ou insidentjie hulle van struik laat bring nie. Die snoek is skoongemaak en bewerk. Tienie en Babsie het van Citrusdal af by ons aangesluit en daardie aand het Tienie vir ons heerlike snoek gebraai.

Tienie braai snoek:

Snoekbraai op Lambertsbaai

Weskus en Kagga Kamma Dag 1 Moorreesburg

Ek het gedink Meimaand is nie die regte tyd vir Weskus en Karoo nie. Immers is dit koud. Die son lyk ook onseker of hy wil skyn of die wolke die voorreg wil gee om voor hom in te skuif vir ʼn bui reën nie. Wanneer die wolke dan wel die geleentheid kry is hulle wispelturig met miskien ʼn druppel hier en daar, waarvoor ons baie dankbaar is. Wat wel verseker is, is dat die weer die tyd net meer interessant gemaak het.

Ons het by Moorreesburg begin kuier. Oorspronklik sou dit vir ons ʼn week later op Kagga Kamma begin het maar op aandrang van buurman Izak is ons roete met ʼn week vervroeg om in Moorreesburg by sy kleinneef Johan en die se vrou Anne-Mari pizza te geniet en dan verder op Lambertsbaai toe om by Tienie en Betsie vars snoek op die voor te braai.

Johan en Anne-Mari het ons gul ontvang en die Pizza was ʼn belewenis. In die voorkamer/onthaalarea van hulle huis is ʼn massiewe pizzaoond. Volgens Johan, groot genoeg vir drie groot pizzas maar ek is oortuig hy sal maklik vyf daar inkry. Ek sal egter nie met hom stry nie want die twee, Johan en Anne-Mari, het duidelik baie kennis van pizza onthaal.

Anne-Mari het deeg voorberei en terwyl Johan die vuur in die oond gemaak het. Toe die bakkerybegin was daar nie brieke aan die twee nie. Anne-Mari het die perfekte pizzas voorberei terwyl Johan met die lang Pizzaspaan die bakwerk waargeneem het.

Ek dink hulle het omtrent twaalf pizzas gebak. Alles van seekos tot Peperoni. Ons was net ses mense maar daar was genoeg vir minstens twintig. Die smaak was besonders en daar was ook nie ʼn einde aan Anne-Marie se verbeelding wat die bestanddele betref nie. Daar was van fyngekapte rissie vir die wat van brand hou tot avokadopeer.

Johan Anne-Mari Mereesburg
?

Wildspastei

Buurman Izak (sy vakansiehuis is hier langs ons) wat “naby” Jacobsdal boer, skrik hom boeglam toe ‘n springbok voor hom uit ‘n bos spring. Van skone skrik trek hy “perongeluk” ‘n skoot af en daar lê die bok. Ons is toevallig die volgende dag in die omgewing en toe gee hy die bok sommer vir ons. Ek dink dit is om sy gewete te sus omdat hy die onskuldige ou bokkie geskiet het. Sien Izak is eintlik ʼn baie diep mens.

Omdat ons, vroutjie-doutjie en ek, vleiswerk-onkapabel is, sny Izak en sy seun Piet sommer vir ons die biltonge en die kookvleis. Die biltong is al droog en halfpad verorber maar die kookvleis groet ons daagliks uit die vrieskas. Ons besluit toe om, onder andere, wildspastei te maak en te vries.

Ons die resepteboekrak kry ons toe ʼn boek van Dine van Zyl – “Boerekos Tradisionele Suid-Afrikaanse Resepte”. Die boek het ʼn wildsvleis resep wat lyk of dit gaan werk.

Nou eers oor die skryfster – Dine van Zyl: Ek dink ons het omtrent al haar boeke. Sy is ons my gunsteling kos skrywer en SY KOOK. As sy dalk nou persongeluk die ou bloggie raaklees wil ek haar vra “Dine, indien jy weet van ʼn beter resep in een van jou ander boeke, laat weet asseblief?”

Meer oor die boek: “Boerekos Tradisionele Suid-Afrikaanse Resepte” is die eerste Dine van Zyl boek in ons versameling. Ek het die boek jare gelede by vriend Michael gekry. Dit was pas nadat Michael getroud is. Mevrou Michael II se eks-man was ʼn jagter (van diere, neem ek aan) en die boek het aan hom behoort. Michael wou, na sy huwelik, niks van jagters in sy huis hê nie en hy gee die boek toe vir my. Nou ja, die een se dood in die ander se brood.

More maak ons die eerste kooksel vir wildpastei. Ons dink om by twee pasteie te begin.

Vervolg:

Hier is die eerste kooksel – in ‘n platboom soos Dina aanbeveel:

Wildsvleis Apr 16

Die pasteie is gemaak. Die vleis was baie (en daar is nog baie in die vrieskas oor). Ons het toe maat beluit op kleintjies (kolvyntjie grote) en bietjie groteres (genoeg vir twee mense):

Pasteie Apr 16 - 2

 

MENSE – Spesiaal vs. Gewoon

Spesiaal

“Laat ek my aan jou voorstel.” Hy steek sy hand van vyf treë weg af uit en kom op ʼn drafstappie nader “ek is Frikkie.”

Hy vra nie wie ek is of waar kom ek vandaan nie. Hy weet ons is nuwe intrekkers. Die hele dorp weet want, in diè dorp, gebeur nie veel wat nie algemene gemeenskap-kennis is nie.

“Vra jy nie eers wat ek doen nie?” gaan Frikkie aan sonder dat hy my kans gee om te vra. “Ek is jou ouderling. Ek is ook voorsitter van die Gemeenskap-diensteraad en die Sede Bewakers Vereniging. Ek is ook op die komitee van die Teen-Plattelandse-Tollraad en die SexmustFall Vereniging.”

“Is jy ʼn pensionaris Frikkie?” probeer ek gou ʼn hou inkry. Dit is ʼn maklike een. Die meeste van die inwoners is pensionarisse en as ek nie heeltemal reg is nie, moet die baie naby wees.

“Ja ek is al sowat tien jaar al op pensioen.” Antwoord Frikkie met ʼn kyk wat sê ‘wat ʼn stupid vraag?’ “Ek was betrokke by die Universiteit van Namakwe (sic.).”

Tot vandag toe kon ek nie aan duidelik uitvind wat Frikkie by die “Universiteit van Namakwe” gedoen het nie. Was hy ʼn doktor of professor of was hy dalk ʼn professionele student of die faktotum?

Ek het besluit as ek weer met Frikkie praat, en hy gee my ʼn kans, gaan ek hom sommer reguit vra. Ek het nou al twee keer weer met Frikkie gepraat… of liewer, Frikkie het met my gepraat. Ek het nie kans gekry om te vra nie. Al wat ek weet, Frikkie is tot nog twee komitees verkies.

Gewoon

Woensdagaand. Ons het hard gewerk vandag. Soos dit aktiewe pensionarisse betaam. Vroutjie-doutjie was heeldag besig met kwiltwerk en ek het geskryf en koerant gelees. O ja! Ons het ge”middagslapie” (vereiste vir ʼn professionele pensionaris). Die gevolg is dat ons teen Woensdagaand te uitgeput was om nog aandete voor te berei.

Vroutjie-doutjie stel voor ons gaan eet vis by Die Skuitjie.

Daar gekom is die plek stampvol. Gelukkig vertrek ʼn paartjie, wat op ons gunsteling plek sit en daar sit ons.

Skaars gesit, kom daar ʼn paartjie en die vrou vra met ʼn swaar Duitse aksent of hulle die tafel met ons kan deel. Ons maak, tipies Suid Afrikaners, onmiddellik vriende.

Ons gesels ure met die aangename, doodgewone mense. Weereens verbaas hulle belangstelling in Suid Afrika.

Na ons die rekening gevra het vertel ek die Duitser, voor op die wa, dat hy homself baie gelukkig moet ag met die wisselkoers en dat hulle nou baie kan spandeer met hulle vakansie.

“We are not on holiday, we just passed through here because I on my way to Cape Town for work” antwoord die Duitser.

“What work do you do?” nuuskierige ek.

“I am a Professor in journalism. I am a guest lecturer at one of your universties.”

Ek vind toe later uit, na ek sy naam ge-google het, dat hy een van die bekendste joernalistiek kenners in die wêreld is en al meer as twintig boeke gepubliseer het.

Hy is net nie so belangrik as Frikkie nie!