Die Restaurant

So oppad kom ons een aand by Die Restaurant.

ʼn Baie interessante plek. Op die strand. Die geregte is alles buffet. Tipiese Suid Afrikaanse geregte. Dit is onder andere snoek, Maleise skaapkerrie, afval, melktert, Koesisters ensovoorts. Die plek is vol gepak. Twee, miskien ex-Kaapse Klopse, sing tipiese Afrikaanse liedjies, op Spaanse serenade manier, tussen die tafels deur. Selfs De La Rey, om die Afrikaners bietjie meer te beïndruk.

Die diens is voortreflik en die eienaar, ʼn vroeë dertig aangename jong man, stap tussen die tafels rond met ʼn geselsie hier en ʼn grappie daar.

So kom hy by ons tafel verby en ek vra die vraag waarvoor, so lyk dit my, hy die heel aand gewag het. “Hoe gebeur dit dat ʼn jong man soos jy so ʼn groot suksesvolle restaurant besit?”

Die mannetjie trek net daar ʼn stoel uit en begin vertel ʼn storie wat ons baie later as wat ons beplan het, uit die restaurant laat gaan.

“Oom sal my nie glo nie maar die ding het eintlik by my oupa begin. My oupa het hierdie dorp op die map gesit. My oupa het die grootse plaas in die omgewing gehad. My oupa was skatryk.”

Van sy oupa gaan hy na sy, net so skatryk, pa en sy oom toe. Hulle kon nie by sy oupa erf nie want sy oupa het geglo ʼn man moet vir homself sorg en onder begin. Daarom het sy pa en sy oom agthonderd duisend rand by Landbank geleen om hul eie plaas te koop. Die mees gesiene persoon in die omgewing, dis nou sy pa. So het hy verder sy pa se skatte en entrepreneurs eienskappe besing.

Toe kom sy persoonlike eienskappe en glorie aan die beurt. Hierdie gloriesang het geensins tekort gekiet aan sy pa sin nie. In teendeel, dit was meer indrukwekkend. Alles gebaseer op die feit dan sy pa, soos sy oupa, van sy seun verwag het om sy eie potjie te krap.

Van sub-A tot graad drie het hy gewerk as petrol-joggie. In graad ses het hy sy eie snoepie by die skool gehad. Hy het as skoonmaker op sy pa se plesierboot se donkerste binneste gewerk, enkel diep in die kak. Dieselfde tyd ook iemand anders se boot skoongemaak. Hy was ook in beheer van ʼn boot vir iemand anders en het in ʼn stadium selfs sy eie skip besit.

Met detail is vertel dat alles verkoop is en oorsee gegaan is. Alles verloor en teruggekom.

Iemand het besluit om hom die geleentheid te gee om Die Restaurant op ʼn winsverdeling basis oor te neem.

… en toe is die storie verby…

… en die kos was nie so lekker nie…

… die goedkoop wyn was baie duur…

… die atmosfeer het opgemaak daarvoor maar die lang storie het alles weer

bederf…

Moet nie vra wat jy nie regtig wil hoor nie.

Advertisements

Blomme Kyk

Lank vooruit bespreek en beplan! Vroutjie-doutjie het ‘n week vooruit die tasse gepak sodat net die laaste en nodigste bygesit kon word.

Die beplanning was op skrif! Vier nagte in Kaapstad (twee in Bloubergstrand en twee in Kampsbaai). Dan op boontoe. Een nag in Vanrynsdorp en een in Kammieskroon. Die slaap plekke oppad terug sou reel soos ons terug ry.

Dit gebeur toe nie so nie maar geniet, het ons dit geniet!

Die bespreking vir blyplek in Bloubergstrand was op die derde vloer sonder ‘n hysbak! Geopereerde skouer en drie vloere se trapklim, vir ‘n ou wat moet vashou as hy klim, werk nie so lekker nie. Die plek was egter baie stylvol en gerieflik. Ons het sommer lekker gekuier in die Italiaanse restaurant op die hoek en die volgende dag by die Old Biscuit Mill.

Kampsbaai bespreking, ook op die derde vloer, het nie gebeur nie. Die hotel se personeel het die teenwoordigheid van gees gehad om my ‘n dag vooraf te bel en te sê hulle hysbak het gebreek en sal nie betyds reg wees nie.

Dit is toe dat ons besluit nou ry ons tot in Langebaan en reel daar vir blyplek. Dit het baie goed uitgewerk.

Ons het ‘n heel dag in die Weskus Nasionale Park spandeer en die mooiste blomme gesien:

Blomme 5 Blomme 6 Blomme 7 Blomme 8 Blomme 15 Blomme1 Blomme11

Met die weer wat nie saam gespeel het nie, het ons die uitstappie, op die laaste aand met ‘n lekker ete by ‘n local restaurant gevier en is met die R62 langs terug huis toe,