Einde van die Vakansie.

Die twee weke vakansie het verby gevlieg. Gelukkig was die weer in Margate so sleg dat ons teruggekom het huis toe… dit het my geleentheid gegee om baie te doen waarvoor ek nooit tyd het nie! Soos:

  • Die plantjies plant Die kruie lyk mooi maar die rissiesaad het nog nie ontkiem nie
  • Die een toilet wat aanhoudend gelek het (met ‘n bydrae van vriend Wim) reggemaak!
  • Die garage reggepak en die rakke afgehaal en op ander plekke opgesit sodat beide karre en die sleepwa daarin pas en ek nog genoeg plek het om by my werksbank en al die gereedskap uit te kom.
  • Die lessenaar (wat my pa op ‘n vandusie gekoop het to ek in standerd ses was) begin afskuur.
  • Suurdeeg gemaak en brood gebak
  • Elke aand vleis gebraai en
  • nog bietjie gewerk aan werks goed wat ek nie kon los nie

en O Ja!!! die drank-kabinet wat ek gemaak het van die rare kas in die woonkamer! Hier is die fotos (ek is nogal trots hierop):

Drank-kabinet before-

Drank-kabinet after-

Die boonste rak moes ek insny om die optics in te pas en die onderste rak is op rollers sodat ‘n mens dit kan uittrek vir werk oppervlak. Die spieël het met die eerste sny presies gepas!

Dankie aan vroutjie-doutjie, sonder haar sou niks gebeur het nie!

Advertisements

Suurdeeg-kultuur uit die Kaap

Ingevoer van Knysna af… hierdie botteltjie 50 gram suurdeeg-kultuur.

Eergister het die suurdeeg voorbereiding begin:

250 gram suiwer meel…. ook van die Kaap af…die meule is iewers na aan die Weskus (sien een van my vorige blog inskrywings)

250 gram water teen 30° C.

dan die 50 gram suurdeeg-kultuur

Laat rys vir 24 uur teen 30?° C.


Gister – Meet 250 gram van die vorige dag se suurdeeg af.

meng met 250 gram suiwer meel en 250 gram water.

Laat rys vir 24 uur teen 30?° C.


Vandag – Meet 250 gram van die vorige dag se suurdeeg af.

meng met 250 gram suiwer meel en 250 gram water

laat rys vir 12 ure en herhaal die proses.

Laat dan weer rys vir 12 ure

Ons behoort more middag die eerste brood te kan bak. (kan nie wag nie!)

Dankie vir die hittegolf die pas die suurdeeg proses perfek!