Prawns by Food Lovers Market

Geseënde Kersfees!

Gisteraand het vroutjie-doutjie en ek prawns geëet om ou Kersaand te vier.

Tiger-prawns wat ek by Greenstone se Food Lovers Market gekoop het.

Ek het hulle vroeg Vrydag gebel en gevra of hulle skoongemaakte prawns het? (ek haat dit om prawns skoon te maak.) Die meisie het gesê ek moet aanhou sy sit deur my na Mr. Carlton by die “deli”. Mr. Carlton het nie skoongemaakte prawns gehad nie maar vir ekstra twintig rand sal hulle dit vir my skoonmaak.

Ek is twaalfuur by die kantoor weg. Eers huis toe om Vroutjie-doutjie op te laai – sy wou Edenvale toe om materiaal vir die Prinses se “Prinses rok” te koop en ek wou ook by Makro kyk vir La Motte se Sauvignon Blanc (vir die wat dit nog nie gedrink het nie, probeer gerus. Dit is een van ons Suid Afrikaanse wyne om op trots te wees!)

So kom ons toe so om en by drie uur by Food Lovers Market aan. By die vis-afdeling vra ek vir Mr.Carlton, wat breed glimlag toe hy hoor wie ek is. Hy drafstap na agter in die winkel en kom terug met die pak skoongemaakte prawns.

Glimlaggend gee hy die prawns en met ‘n “Sir, thank you for keeping your word. If you did not fetch this prawns I would have been in serious trouble” skud Mr.Carlton my hand… en ek waardeer dit dat Mr.Carlton my woord waardeer… ek waardeer dit dat Mr.Carlton my as mens waardeer en nie stroef deur my staar met ‘n winkel assistent uitdrukking nie… ek waardeer die duisende mense soos Mr. Carlton wat hierdie naweek in winkels werk sodat ek my Kersfees kan geniet.

Geseënde Kersfees Mr.Carlton, vir jou en almal wat saam met jou by Food Lovers Market werk…

en ook sommer vir jou familie…

en die bure in jou straat in Alexandra.

SOUS VIR DIE PAP SAAM MET DIE BRAAIVLEIS

Ek kan nie onthou wanneer laas ek pap geëet het nie. Vroutjie-doutjie besluit toe, omdat ek vroeg van die werk afgekom het, en sy besig is om vir kleindogter ‘n prinses rok te maak (prinsesse kan tog nie met gewone rokke rondloop nie! Hoe sal prinses Charlene nou in ‘n ou Truworths tabbertjie lyk?) is ek die aangewese persoon om die pap en sous te maak.

Met pap het mens nie veel verbeelding nodig nie maar met die sous het ek my verbeelding vrye teuls gegee!

  • ·        ‘n halwe middelmatige ui
  • ·        Kwart groen rissie
  • ·        Een jalepino rissie
  • ·        Twee geelwortels (of een grote) gerasper
  • ·        Een huisie knoffel
  • ·        Olie om in te braai
  • ·        Twee ordentlike skudde van antie Balls se blatjang
  • ·        Sout en swart peper
  • ·        Een teelepel aangemaakte kerrie
  • ·        een blikkie uie en tamatie smoor
  • ·        een teelepel tamatie pasta want die smoor is in die laaste tyd so bleek!

Braai die ui in die olie tot deurskynend

Gooi nou die rissie, groenrissie, wortel, en knoffel by.

Laat do rukkie op middelmatige hitte braai.

Gooi nou die al die ander goed by en laat rustig prut tot die vleis reg is.

Jy kan ‘n klein blikkie baked beans by gooi.

Jy kan ook dit deur die versapper sit as die stukke nie mooi lyk nie.

Nou sit ek hier en wag vir Kersfees. Nog twee slapies!  Ek is groot op geskenke! 

Silly Season Kos

Ek het by Koos van Pretoria vyf en sestig sakke sekelhout gekoop! Ek het myself ook belowe dat in hierdie “silly season” braai ek minstens drie keer per week…

… Makliker gesê as gedaan. Jy kan ook maar net soveel keer braaivleis eet dan smag jy na bietjie kookkos…

(Daar in Margate het ‘n mede vakansieganger, afkomstig van Pretoria, vir my gesê hy braai elke aand! Sy vrou kook groente en hulle eet dit saam met die braaivleis.)

Ek pak toe maar ‘n ou vuurtjie aan en maak skoondogter se geskenk potjie sonder pote staan en maak die volgende bestandele bymekaar: (onthou dis nou net vir vroutjie-doutjie en myself)

  • Een kleinerige ui
  • Een knoffelhuisie (fyngekap)
  • Olie vir braai
  • Een kleinerige kaneel stokkie
  • Een lourierblaar
  • ‘n klein handjie fyngekapte roosmaryn, tiemie en salie (hou dit maar klein en as jy gedroog gebruik, maak dit so ‘n kwart teelepel.)
  • Varsgemaalde swartpeper
  • Een groterige wortel in dun skyfies
  • Een middelmatige patat
  • Een middelmatige aartappel
  • Een eetlepel tamatie pasta
  • Sout na smaak
  • Een eetlepel antie Ball se bladjang
  • Kookvleis (bees of skaap) ek het sommer ‘n stuk steak in blokkies gesny maar chuck of brisket of selfs skenkel kan net so lekker wees.
  • Bietjie van gisteraand se oorskiet wyn
  • En om te bewys dit is kookkos en nie “potjiekos” nie… water.

 

Maak die pot lekker warm op die vuur en braai die ui in die olie tot deurskynend.

Gooi nou die vleis, knoffel, kaneel en lourierblaar by en braai tot die vleis verbruin het.

Gooi nou al die ander goed behalwe die rys en die water by en laat so halfuur redelik vinnig kook (die wyn is die vog, hou maar by nie meer as ‘n halwe glas wyn nie anders is die wynsmaak te oorheersend).

Gooi nou die rys by en water om te bedek en laat dit prut tot die rys gaar is en die aartappels sag is.

As jy sien die pot word droog, gooi nog water by.

Skep bietjie uit vir proe en laat die res so ‘n halfuur trek. Sit het so bietjie van rossitto smaak en idee.

Vannand marineer ons hoender dye in Nando’s sous.

Die Oom en die Tannie

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie.

Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die

dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes

moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want

hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat

dood nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die

ongedurigheid broei in hulle.

Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun

soos sy rondrol. Ná ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien

dat sy hom met groot oë beloer.

“Jy keek vi my,” sê hy.

“Ja,” sê sy, “ek keek vi jou.”

“Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.

“Ek dink,” sê sy.

“Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.

“Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee…”