20 September – Southampton tot Londen en terug

Die skip vaar deur die nag van Le Havre, oor die Noord See, Southampton toe.

Ons moet weer vroeg opstaan om gereed te maak vir die uitstappie Londen toe. Omdat ek nou glad nie meer vertroue in Jan se selfoon-wekker het nie, stel ek my eie.

My wekker gaan sesuur die oggend af. Opgewonde om vir die eerste keer die vibe van Londen te beleef staan ons op, stort en gaan eet ontbyt. Na ontbyt, terug in die kajuit om ons goed te kry wat ons wil saamneem op die uitstappie, bel ons seun uit Suid Afrika. Ek kan aan Jan se stemtoon hoor dat daar ʼn krisis is maar ek kan nie aflei wat verkeerd is nie.

Toe Jan die foon afsit vertel hy my die skokkende nuus: Seun en sy vrou gaan skei. Seun sê hy is jammer om dit vir ons te sê terwyl ons met ons vakansie van ʼn leeftyd is maar hy wil hê ons moet so gou moontlik weet.

Van Londen kan ek nie veel onthou nie net die stad op die horison en die pragtige Shard glastoring.

Ons ondervind weer dieselfde jaagtog deur die stad soos dit in Parys was. Die gids sê byvoorbeeld: “After the next trafic light, you will notice a big tree on your left. A little distance behind the tree you will see a big stone wall. Behind that wall is  Buckingham Palace” Die volgende oomblik is ons verby die “tree” en die “wall” sonder dat ons iets gesien het.. Die rit deur die stad was meer frustrerend as insiggewend. Nou nie dat ons gedagtes by die gids-inligting was nie. Al waaraan ons kon dink en oor praat was ons kind se probleem.

Hier en daar was daar tog ʼn gebou of monument wat ons aandag vir ʼn oomblik kon hou. Dit was ten spyte daarvan die bus teen verkeer-spoed gery het en nooit gestop het om ons geleentheid te gee om die besienswaardighede bietjie langer te waardeer nie . Ons het byvoorbeeld gehoor dat daar herstelwerk aan Big Ben gedoen word en dit het ons so half tong in die kies aanvaar. Herstelwerk aan Big Ben? Tot ons die steierwerk om die statige, bekende kloktoring gesien het.

Big Ben word herstel:

Blog 3 Big Ben

Daar was ook heelwat ander indrukwekkende strukture:

Die venstebankplante van die Britte en die Iere is ook altyd pragtig:

Blog 12 20170920_Engeland57

By Covent Garden het die bus ons afgelaai vir ons “time at our leasure” en, soos al die ander passasiers, soek ons onmiddellik eers ʼn toilet want die bus stop vir “geen rede” vir niemand, nêrens.

Covent Garden:

 

In die groot onderdak mark koop Jan ʼn Big Ben- (nou die Elizabeth Tower na die naam verandering) replika.

Blog 9 models-big-ben

Ons het by ʼn straatkafee gaan sit koffie gedrink en tjips geëet. Die ander kos was te duur. Ons was nie in ʼn bui om enige museum of galery te besoek nie.

Die reëling met die gids was dat die hele toergroep op ʼn punt, nie ver van die straatkafee af nie, sou bymekaar kom.

Na ons terug by die boot was, het ons net gaan eet en op die bed gaan lê en top oor die slegte nuus wat ons die oggend gekry het. Ons wens niemand ooit so iets toe nie!

3 thoughts on “20 September – Southampton tot Londen en terug

  1. Eerstens, jou fotos is pragtig. So jammer oor julle nuus, ek verstaan heeltemal waardeur julle nou gaan, veral so in die buiteland waar jy nie regtig kontak met die huis en die probleme kan maak nie. Soos tannie Frannie sê, die seerste seer.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s