Die Skip – 17 & 18 September 2017

Ons eerste indrukke van die skip is moeilik om te verwoord. Ek hou nie daarvan om dinge oordrewe te laat klink nie maar ʼn mens kan die moeilik anders as majestueus beskryf. Ons het verwag dit gaan groot wees, veral na ons in die inligtingsbrosjure gelees dat die boot tot 4500 toeriste huisves, maar dit was meer indrukwekkend as wat ons gedink het.

Ons eerste indrukke van die MSC Perziosa:

mscpreziosa4w

 

20170917_Humburg04

By die skip aangekom het hulle ons bagasie gevat en ons is na die doeanehek verwys. Daar het hulle vir Jan ʼn rolstoel gereël, ons paspoorte word ingeneem en ons word voorsien van ʼn “passenger card”. Dit is soos ʼn kredietkaart met al ons inligting in en met ʼn bedrag gekrediteer wat ons begroot het ons sal gedurende ons reis gebruik. Saam daarmee kry ons die vouchers wat Jan tydens die bespreking bestel het. Daar is koffie-voushers, wyn vouchers en water vouchers.

Daarna word ons na die buffet-restaurant geneem waar ons moes wag tot die kajuit gereed is.

Die buffet-restaurant:

 

Daar koop Jan nog Bier en cider-vouchers want hy is toe lus vir ʼn bier en die mannetjie vat die bier-vouchers smous oortuig hom dat hy baie minder vir bier, tydens die reis sal betaal, as hy vouchers het.

Ons ons is nie vreeslik honger nie maar vat elkeen ʼn skyfie pizza terwyl ons deur die groot buffet stap om te sien wat alles aangebied word.

Daar is werklik ʼn groot verskeidenheid. Hoewel dit oorwegend geregte is met stysel as basis is daar werklik iets wat almal sal pas. Veral die vars vrugte het my baie beïndruk.

Ons het skaars klaar geëet toe hulle aankondig die kajuite reg is.

Toe ons by die kajuit kom wag ons tasse voor die deur.

Ons kajuit is baie mooi. Ons eerste indrukke is dat hier baie moeite gedoen is. Ons kajuit assistent kom stel homself ook dadelik voor en belowe ons sy beste diens.

Gedeelte van ons kajuit en van die badkamer.

Die uitsig van die kajuit balkon af:

20170917_29

Daar is net genoeg tyd om gou ons klere uit te pak voor die verpligte Noodgeval-oefening.

Ons verdwaal bietjie op pad na die toegewyde lokaal vir ons Noodgeval-oefening. Wanneer ʼn mens in die skip stap kom jy agter hoe groot dit werklik is. Ten spyte van die feit dat daar gemiddeld 4500 passasiers en 1300 bemannings lede is. is daar nooit ʼn gevoel dat die mense mekaar verdruk nie. Ons het nooit by ʼn hyser gewag of gesukkel om iewers sitplek te kry nie.

Vir die Noodgeval-oefeninge word al die passasiers, so sinvol moontlik, volgens taalvoorkeur ingedeel. Hoofsaaklik Spaans, Engels, Frans en Duits. Ons groep, Engels en Duits saam, kom in een van die vele kroeë/ontspanningsareas byeen. Elke persoon moet sy “life jacket” saamneem en jy word, behalwe vir al die ander veiligheidsprosedures, gewys hoe om die “life jacket aan te pas. Ons het lekker vir ʼn Duitse vrou, wat verward tussen al die bande van die “life jacket” gesoek het en toe komieklik, die band wat tussen die bene deurkom, probeer vasmaak het.

Die noodgeval oefening:

20170917_35 a

Advertisements