Willem

Ons het in Johannesburg gebly terwyl ons huis in Stilbaai gebou is.

Ons het die bouery is so eenmaal per maand besoek en deurentyd was die tuin, wat na die bouery gemaak moes word, een van ons bekommernisse.

Die erf was begroei met tipiese fynbos:140314-2014_10_25-13_56_56-utc

Die fynbos is voor die bouproses skoongemaak maar dit was nie tuingereed nie. Dit was net voorberei om die bou proses te akkommodeer:

img-20150320-wa0000-2015_07_10-07_31_53-utc

Na die huis in April 2014 voltooi is, was tuinmaak ʼn prioriteit. Met behulp van James, die bouvoorman, het ons sy skoonpa, Willem, gekry om ons te help.

Willem het vir my tussen tagtig en vrot gelyk en ek het getwyfel of hy opgewasse was vir die taak. Willem het my egter verseker hy net vier-en-sestig is en nog heel op en wakker voel. Hy dit in die volgende ses maande bewys.

My enigste probleem met Willem was sy aanhoudende rook gewoonte Dit het my geïrriteer en ons het gou ooreengekom dat hy, in werktyd, minder sou rook en sy stompies nie in die erf gooi nie:

smoking

Willem het sy sigarette met koerantpapier en Boxer gerol. Dit het ʼn kenmerkende reuk gehad. Jy het altyd geweet waar Willem is deur net sy sigaret reuk te volg.

Ten spyte van Willem se gerook en sy ouderdom het hy ons tuin in ʼn baie kort tyd omskep in ʼn tuin wat aan ons verwagtinge voldoen het.

Eendag het Willem, wat nooit onnodig van die werk weggebly het nie, nie opgedaag nie. Ek was bekommerd en het James gebel. James het vertel dat Willem die vorige aand van maagpyn gekla het en dat hulle het hom Albertina hospitaal toe geneem het. Die dokter by Albertinia hospitaal was baie geskok oor Willem se toestand. Hy het vir James gevra “hoekom bring jy ʼn dooie man na my toe?”

Willem is dadelik oorgeplaas Riversdal hospitaal toe.

Die volgende week het ons tyding gekry dat Willem oorlede is. Willem het maagkanker gehad.

Dit was ʼn geweldige skok. Wat Willem se dood erger maak is die feit dat hy nooit gekla het nie. ʼn Mens sou verwag dat iemand wat maagkanker in ʼn gevorderde stadium het, sekere eetgewoontes sou hê. Siek sou voorkom. Kla van pyn. Willem het nooit gekla nie.

Ons dink nog baie, met skuldgevoel en dankbaarheid, aan ou Willem.

So nou en dan sweef daar so ʼn Boxer-klankie oor die erf. Miskien van een van die werkers in die omgewing afkomstig of dalk een van die bosslapers, waarvan hier heelparty in Stilbaai is.

Vroutjie-doutjie sal dan so by haarself mymer “Ja ou Willem, wat wil jy hê? Hoekom rus jy nie.”

Ons tuin, wat deur Hans in stand gehou word, is opgedra aan Willem.

Voortuin:36-melkb-vooraansig

Agtertuin:36-melkboom-3-3-17-22

Groentetuin:

groentetuin-21-feb-16-2

4 thoughts on “Willem

Lewer kommentaar