EK IS VERNEUK!!!!!

Pinocio

Hoeveel keer het ek dit nie al gehoor nie!

     Elke tweede ou, eintlik behoort ek te sê elke ou, wat in ʼn vennootskap was en sy besigheid verloor, se vennoot het hom verneuk, ingeloop, bedrieg. Nooit was hyself skuldig nie. Nog nooit het iemand erken hy het sy besigheid “deur sy alie getrek” nie, of “onder sy alie uitgesuip” nie. Hulle sal nie erken dat hulle bloot te arrogant of dom was om ʼn gelykbreekpunt of ʼn begroting uit te werk nie. Hulle het ook nooit ʼn professionele lewensvatbaarheidstudie laat doen nie. Hulle is veels te slim daarvoor.

     Wanneer jy met hierdie persoon gesels kan jy nie glo so ʼn hiperintelligente wese laat homself so maklik verneuk nie. Inteendeel, hierdie verneuktes is gewoonlik die slimste mense, met die wydste algemene kennis denkbaar. Dit is ironies dat sulke mense gewoonlik niks bereik en niks besit nie.

     My beskeie mening is dat hierdie mense, gewoonlik, aan die Dunning–Kruger effek ly. Dit is ʼn kognitiewe vooroordeel waaraan mense met lae vermoëns ly. Hulle verkeer onder die illusie van superioriteit en daardeur beoordeel hulle-hulle eie kognitiewe vermoëns as groter as wat dit werklik is. Met ander woorde, hy het nie die vermoeë om te besef hoeveel hy nie weet nie en daarom dink hy hy weet alles.

     Ek het ook nog nooit die geleentheid gehad om een van die vennote wat die “verneuker” was te ontmoet nie. Die een wat met alles weggekom het. Wat word van hulle?

     En al wat ons kan doen… is luister… simpatiek… agterdogtig…

Advertisements

2 thoughts on “EK IS VERNEUK!!!!!

  1. Ek het darem onlangs ‘n goeie storie hier gehoor van twee vennote wat ‘n pragtige gastehuis / restaurant / bar gebou het. Veral die bar het so goed besigheid gedoen dat die vennote so saam-saam die hele besigheid onder hulle eie alies uitgesuip het. Self-verneukery?

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s