Die Oom en die Tannie

So kort voor die runderpes in Namakawaland is daar ‘n oom en antie.

Hulle het kinders by dosyne. By die geboorte van die laaste een waarsku die

dokter dat die antie se masjienerie nie meer so lekker is nie en dat sy bes

moontlik nie nog ‘n geboorte sal oorleef nie. Die oom en antie skrik, want

hulle is lief vir mekaar en wil nou nie sommer moedswillig die antie laat

dood nie. Nou slaap hulle apart op sulke ysterkateltjies, maar die

ongedurigheid broei in hulle.

Een nag lê die oom wakker en hy hoor die antie se kateltjie kraak en kreun

soos sy rondrol. Ná ‘n rukkie is dit stil en hy kyk na haar, net om te sien

dat sy hom met groot oë beloer.

“Jy keek vi my,” sê hy.

“Ja,” sê sy, “ek keek vi jou.”

“Nou maar hoekom keek jy vi my?” vra hy.

“Ek dink,” sê sy.

“Nou maar wat dink jy so innie laatnag?” vra hy.

“Ek dink jy moet my maar die doodskoot kom sjee…”


7 thoughts on “Die Oom en die Tannie

  1. Ek ken iets soortgelyks: (jy seker ook, maar whatever)Oom en tannie besluit om dubbelbed vir twee enkelbeddens te verruil. Na ‘n jaar besef hulle dat dit nie werk nie. Toe adverteer hulle die 2 bedjies: One brand new, one badly used:D

    Like

  2. Ek gee graag erkenning aan die oorspronklike skrywer. Ken jy hom / haar? Ek het dit in n epos van n vriend gekry wat sy e-posse van vroeer jare leegemaak het en toe al die grappies aangestuur het. Is die oordporonlike skrywer jy?

    Like

  3. Dis ‘n ou-ou grappie wat ek lank gelede gehoor het, ek het dit toe oorvertel soos hy hier verskyn–ek het dit ook ‘n paar keer op die e-pos roete raakgeloop.

    Like

Lewer kommentaar