Silly Season Kos

Ek het by Koos van Pretoria vyf en sestig sakke sekelhout gekoop! Ek het myself ook belowe dat in hierdie “silly season” braai ek minstens drie keer per week…

… Makliker gesê as gedaan. Jy kan ook maar net soveel keer braaivleis eet dan smag jy na bietjie kookkos…

(Daar in Margate het ‘n mede vakansieganger, afkomstig van Pretoria, vir my gesê hy braai elke aand! Sy vrou kook groente en hulle eet dit saam met die braaivleis.)

Ek pak toe maar ‘n ou vuurtjie aan en maak skoondogter se geskenk potjie sonder pote staan en maak die volgende bestandele bymekaar: (onthou dis nou net vir vroutjie-doutjie en myself)

  • Een kleinerige ui
  • Een knoffelhuisie (fyngekap)
  • Olie vir braai
  • Een kleinerige kaneel stokkie
  • Een lourierblaar
  • ‘n klein handjie fyngekapte roosmaryn, tiemie en salie (hou dit maar klein en as jy gedroog gebruik, maak dit so ‘n kwart teelepel.)
  • Varsgemaalde swartpeper
  • Een groterige wortel in dun skyfies
  • Een middelmatige patat
  • Een middelmatige aartappel
  • Een eetlepel tamatie pasta
  • Sout na smaak
  • Een eetlepel antie Ball se bladjang
  • Kookvleis (bees of skaap) ek het sommer ‘n stuk steak in blokkies gesny maar chuck of brisket of selfs skenkel kan net so lekker wees.
  • Bietjie van gisteraand se oorskiet wyn
  • En om te bewys dit is kookkos en nie “potjiekos” nie… water.

 

Maak die pot lekker warm op die vuur en braai die ui in die olie tot deurskynend.

Gooi nou die vleis, knoffel, kaneel en lourierblaar by en braai tot die vleis verbruin het.

Gooi nou al die ander goed behalwe die rys en die water by en laat so halfuur redelik vinnig kook (die wyn is die vog, hou maar by nie meer as ‘n halwe glas wyn nie anders is die wynsmaak te oorheersend).

Gooi nou die rys by en water om te bedek en laat dit prut tot die rys gaar is en die aartappels sag is.

As jy sien die pot word droog, gooi nog water by.

Skep bietjie uit vir proe en laat die res so ‘n halfuur trek. Sit het so bietjie van rossitto smaak en idee.

Vannand marineer ons hoender dye in Nando’s sous.

Advertisements

6 thoughts on “Silly Season Kos

  1. Waar ander mense vuur sal maak om vleis te braai, sal ons braai sodat ons kan vuur maak – soms net ‘n broodjie (dis nou in die koue wintersaande)

    Like

  2. Dit is so Koningin Rosedoring. Daar is niks soos ‘n houtvuur om in te staar terwyl jy wag dat hy braaireg word nie. Dan kom daar so nou en dan nog ‘n stomp by wat die braaiery meer uitrek!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s