VOOROORDEEL

Om bevooroordeeld te wees, is my een van my groot sondes.

Net vandag het ek my weer vasgeloop in my verkeerde vooroordele toe ek ‘n spesialis moes besoek.

Ek vooraf vir myself vertel: Ek moet nou in die spreekkamer vol siek mense inloop. Tussen die gehoes en gesnuif deur moet ek met ‘n “ek wil nie vandag werk nie” suur ontvangsdame praat. Sy gaan my drie ure gaan laat wag en dan, met ‘n skril-stemmetjie wat deur my sny, my aansê om deur te gaan na die dokter toe. ‘n 60-plus jarige neusoptrekkerige dokter wat my laat verstaan ek mors sy tyd met my ipekonders.

Toe gebeur net die teenoorgestelde.

Die spreekkamer sit vol geselsende mense wat my so vriendelik groet dat ek soos ʼn ou suurgat voel. Die ontvangsdame “is to die for” en sy wil my amper insluk van vriendelikheid (en ek sou nie omgegee het nie). Skaars gesit toe kom die (between thirty and forty) dokter daar in en vertel vir een ou hy hoef glad nie bekommerd te wees nie, sy toetse is alles negatief. Hy nooi my toe sommer die spreekkamer in.

Dit laat my toe dink aan die ou wie se kar een aand tussen Aberdeen en Willowmore met ʼn pap wiel gaan staan het. Toe hy die spaarwiel uithaal sien hy dat hy nie ʼn jack het nie. Hy dink toe as hy hier sit en wag vir ʼn kar om aan te kom gaan dit dalk ure se wag wees. Tien teen een sal die kar nie eers stop nie.

Hy merk toe ʼn plaashuisliggie so drie kilometer vêr en besluit sy enigste uitweg is om maar daar te gaan hulp vra.

So met die loop vertel hy homself dat as hy nou daar aanklop gaan die boer sê “vir wat kom pla jy so laat?”, of “Hoe kan jy ry sonder ʼn jack?”, of  “ Vir wat maak jy nie seker dat jy jou bande nagaan voor jy vertrek nie?”. So werk hy homself op tot by die plaashuis.

Toe hy by die plaashuis aankom en die boer maak die deur oop sê hy “Ag steek jou jack in jou gat!”

7 thoughts on “VOOROORDEEL

  1. …. ek sal maar vesigtig hier kommentaar lewer netnou jak jy my ook af.

    Ek dink ons is maar almal sketies oor dinge wat ons persoonlik raak. Dis mos maar menslik. Ek is bly alles is goeie nuus. Nou kan jy die aftrede behoorlik geniet.

    Like

Lewer kommentaar