Parys Toon

Nikes. ʼn Nommer vyf links en sewe regs. Nie twee paar nie. Dit is te duur. Een paar verskillende grotes. Dit kry jy net my die straatverkoper wat by Woodies Pub kom smous. Ek soek dit voor 5 Oktober want ons vertrek 6 Oktober Frankryk toe.

Ek kry dit 4 Oktober. Genuin Nikes. Kompleet met die regmerkie aan die kant.

Bietjie stram maar dit is van nuutheid, glo ek. Ek bêre hulle vir Parys. Ek wil in Parys stap soos ʼn enlightened South African met ʼn Jeep t-shirt, Levi jeans en Nikes,

Die oggend op die bus, op pad van Le Harve na Parys, begin die Nikes gesels. Veral die regter voet. Van bus sit, glo ek. My voete swel altyd van lank sit.

Ons klim by Alexander Bridge af om die ticks op ons, must see lysie, te maak. Eiffeltoring, Louvre, Grand Palais, Notre Dame, en een noodsaaklikheid, ‘n Eiffeltoring-model vir my studeerkamer se herinneringe-rak.

Na die Eiffeltoring, op pad na die Louvre ondek ons nog behoeftes; piepie en eet. Piepie by ʼn publieke toilet teen €1 per persoon, ʼn broodjie met ʼn kouevleis teen €12 en skoene wat nie verder in Parys wil loop nie.

Bitha, die krisis planmaker, kommandeur ʼn mannetjie met ʼn fiets-taxi op. Hy gee sy prys en ek bied hom ʼn bonus aan. Die fiets-taxi-mannetjie verander in ʼn gids, fotograaf en Parysvriend. Hy trap ons teen verkeerspoed langs die Seine tot by die Louvre. Stel ons aan ʼn model Eifeltoring-verkoper voor en neem ʼn foto van ons voor die Arc de Triomphe.

20170919_Arc de Triomphe Frankryk

Hy trap ons, aan die anderkant van die Seine (in ʼn stadium met ʼn pap wiel), tot by die bus.

Terug in Riversdal kyk Dok Fanie my toon so en sê, “Jip, definitief.  ʼn Parys toon. Die nael sal moet af.”  

3 thoughts on “Parys Toon

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s