Carona

person walking near road
Photo by Hoang Loc on Pexels.com

Eendag sal mense hieroor praat
Hulle sal sê dit was dapper
om in hierdie tyd lief te hê

Opreg, eerlik
sonder voorgee
agter die skerms
weg van almal

Hulle sal praat oor die leë strate
die wat dood is,
die wat honger is
die wat alleen is

Hulle sal dink aan die wat gebore is
die wat gesterf het
die wat lewendig dood was
van vrees en kommer

Van hoe ons weggekruip het
agter ons skanse
agter ons reinigers
en ons maskers

Hoe ons teen verveling geveg het
met net ons eie gedagtes as kameraad

Wat ons geëet het
gedrink het,
gedink het,
en gepraat het

Hoe ons gewag het
vir die einde,
vir God

Hoe ons gebid het
vir genade,
om beskerm,
gespaar te word

Hoe ons onderhandel het
oor wat ons Hom kon bied
wat ons nog sal dink
en sal doen

ons het gesmeek vir hulp
vir die wat moeg is,
die armes
en die siekes

Ons het getwyfel
Is dit wat Hy wil hê?

moet ons berou hê?
moet ons die massas voer?
die werkloses?
die oues?

Hulle sal praat oor
hoe ons gevra het:
Wanneer eindig dit?

Deur Jan Bonthuys – (geïnspireer deur “Plague” van Michelle Garcia)

 

6 thoughts on “Carona

Laat 'n boodskap na Toortsie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s