Die Storie

old-1701640_960_720

Al die lyne op my gesig

Vertel vir jou ʼn storie van wie ek is

So baie stories van waar ek oral was

en hoe ek gekom het waar ek is

Maar hierdie stories beteken niks

as jy niemand het om dit voor te vertel nie

Maar een ding is waar, ek is vir jou gemaak

 

Ek het al oor bergtoppe geklim

en oor blou oseane geswem

Ek het baie lyne oortree

en baie reëls verbreek

maar, my lief, ek het alles vir jou gedoen.

Want toe ek pennieloos was

het jy my soos ʼn miljoenrand laat voel.

Jy doen, want ek is vir jou gemaak.

 

Jy sien die glimlag op my gesig,

dit steek stil woorde weg,

en al my vriende dink ek is geseënd.

Hulle weet nie van die chaos in my kop nie

Hulle weet nie wie ek werklik is nie

en hulle weet nie wat ek was nie.

Hulle weet nie waardeur ek is nie

net jy weet

Een ding bly waar…

ek is nou maar eenmaal vir jou gemaak.

 

(Vryevertaling van die lirieke van: The Story deur Brandi Carelile (2007)

Oorspronklik geskryf deur Phil Hanseroth

6 thoughts on “Die Storie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s