WYN IN ‘n NEUTEDOP

Ek krap van gister af deur my lessenaar se sewe laaie en besluit om die ou dagboeke, wat daar vergader is, deur te gaan, belangrike aantekeninge uit te haal en, van die res, ontslae te raak. Daar is, glo dit of nie, agt dagboeke.

In een dagboek vind ek aantekeninge wat ek tydens die Suid Afrikaanse Wyn Kursus, aangebied deur die Cape Wine Acadamy, gemaak het.

Om te sorg dat die aantekeninge nie verlore gaan nie, het ek besluit om, van dit, te blog.

Wyn dateer sovêr as 8000 VC uit Persië. Vandaar het dit versprei na Assirië, Egipte, Fenisië en die Mediterreense lande. 2000 VC het die Grieke en Romeine wyn gemaak. Tydens die Middeleeue is wyn deur die Roomkatolieke monnike in die kloosters gemaak.

Vanaf ongeveer 1518 het ontdekkingsreisigers, van Portugal en Spanje, wyn na die Amerikas en Ooste geneem.

1652 in die eerste wyndruifaanplantings in Suider Afrika gedoen en in 1788 in Australië en Nieu Seeland. Die eerste wyn in Suid Afrika is 15 liter, wat in 1659, in Kaapstad gemaak is. Twintig jaar later, in 1679, het Simon van der Stel die eerste wyn in Suid Afrika, kommersieel begin bemark. Dit is in 1688/89 deur die Hugenote uitgebrei na Franshoek en Constansia.

In die 1700’s tot vroeë 1900’s het die gewildheid van Kaapse wyn afgeneem. Die redes was veelvoudig – ondermeer as gevolg van wingerd- en druifsiektes soos Phylloxera 1880, wat van die wingerde vernietig het.

Die gewildheid van wyn het egter in die begin 1900’s weer toegeneem.

 In 1925 het Professor Abraham Izak Perold die Pinotage druif ontwikkel. Dit is die eerste eg Suid Afrikaanse variteit en is vandag nog baie gewild in Suid Afrika sowel as die res van die wêreld.

In 1935 is die Stellenbosh Farmers Winery gestig.

In 1959 het Lieberstein die gewilde Chinin Blanc begin bemark.

 In 1975 is die eerste veiling van skaars Kaapse wyne gehou.

In 1979 is die Suid Afrikaanse Wyn Akkedemie gestig.

In 1995 bereik Suid Afrikaanse Pinotage wêreld bekendheid toe die befaamde redakteur van die American Spectator, James Suckling, die Kaap besoek en, vir die eerste keer, een van die Kanonkop Pinotage wyne proe. Sy woorde was, “;What the hell is going on here? These are spectacular, spectacular!”

In 2005 is die 350ste jaar van wingerdverbouing, en in 2009 die 350ste jaar  van wynmaak, in Suid Afrika gevier.

Die ideale omstandighede, waaronder wyn gehou behoort te word, is: a) donkerte, b) 14° tot 16°,  c) lug sirkulasie, d) min moontlik vibrasie (die laaste twee diskwalifiseer jou yskas).

Die ideale veroudering vir wyn is: a) volronde wyn – 5 tot 10 jaar, b) medium tot volronde wyn 3 jaar, c) ligte rooiwyn – 1 – 5 jaar.

Gefortifiseerde wyn is wyn waarby alkohol gevoeg is soos Port, Sjerrie en Muskadel.

Wyn voorkoms:

Witwyn met ʼn groenerige kleur is gewoonlik ʼn jong wyn. Witwyn met ʼn strooi skynsel is ideaal verouder. Ouer witwyne het ʼn goue kleur. Wanneer witwyn ʼn bruin of ou-goud kleur is, het dit gewoonlik geoksideer.

Wanneer rooiwyn ʼn perserige voorkoms het, is dit ʼn jongwyn. ʼn Robynkleur rooiwyn is van jong tot verouderd. Rooiwyn met ʼn granaatkleur is goed verouderd en bruin wyn het geoksideer.

2 thoughts on “WYN IN ‘n NEUTEDOP

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s