Dag 6 – Laaste dag in Cork en terug Dublin toe

Vrydag was ons laaste dag in Cork… en ʼn besige dag.

Ongelukkig is daar, soos in die ander stede in Ierland, nie genoeg beskikbare parkering nie. As daar parkering vir gestremdes, in die strate is, was die alles vol. Die enigste uitweg is om in ʼn parkade te stop (waarvan daar gelukkig heelwat is), en loop.

Die Google meisie het darem al die stadsparkades in haar geheue en ons het nie ‘n probleem gehad om daar uit te kom nie. Ongelukkig is die parkades nie naby die plekke waar ons wou wees nie.

Eerstens moes ek Bank of Ireland om vir my ʼn rekening oop te maak. Dit moes ek doen as gevolg van Amazon se belaglike vereistes om tantième na ‘n Suid Afrikaanse burger oor te betaal. Die parkade, naaste aan die bank “St Patrick’s Quay Parkade”, is 1.3 km van die bank af en loop is nie my gunsteling bedryf nie! Nieteenstaande die feit dat BOI se telefoon-ondersteuning my verseker het dat enige tak my sal kan help, het die mannetjie by die bank geen idee gehad hoe om ‘n nie-inwoner -rekening oop te maak nie, Hy moes alles vir sy baas vra. Ek was skoon verbaas toe ek drie dae later ‘n epos kry waarin ek verseker word dat die rekening geopen is.

Na die bank is ons Carroll’s toe vir aandenkinge en geskenke. Niemand mag Ierland verlaat sonder om ‘n draai by Carroll’s te maak nie:

carrolls-patrick-st

 

Daarna is Bitha en ek, op ‘n Hop on Hop off-stadtoer deur ‘n renerige Cork:

82
Al wat stil is in Cork is die River Lee
84
Cork Goal
85
Trinity Cathedral

 Daar was darem nog tyd om die Botter Museum te besoek. Hier het ons die oorsprong van die Kerry Golden Butter, wat reg oor die wêreld bekend is, gesien.

86
The Butter Museum – Cork

Die was ons laaste dag in Cork en voorlaaste dag in Ierland.

Ons die kar terug gevat na Sixt by Cork Lughawe en ons is met ʼn taxi stasie toe vir ons treinrit, saam met Benitha en Mac, Dublin toe.

Na ons by Dublin stasie afskeid geneem het is ons met ʼn taxi Swords toe waar ons in die Swords hotel tuisgegaan het voor ons terug vlug, Saterdag, Suid Afrika toe.

4 thoughts on “Dag 6 – Laaste dag in Cork en terug Dublin toe

  1. En daar is ‘n lekker kuier afgehandel. Bly ons kon dit saam soort van meemaak. Dankie vir die foto’s. Dit maak dit soveel meer interesanter en kon ons dit amper self beleef.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s