Ierland Toer – Dag 4 – English Market (Cork) & Blarney Castle

Woensdagoggend is ons vroeg Kent stasie toe om Benitha en Mac te kry:

Weereens is ek verbaas oor hoe maklik dit is om in die vreemde stad te bestuur. Die verkeer is niks erger as Johannesburg nie en die motoriste is baie meer bedagsaam en geduldig… ʼn les vir menige Suid Afrikaner… myself ingesluit.

Van Kent-stasie af is ons English Market toe. Een van ons bucket list plekke:

64
English Market

Dit is die netjieste georganiseerde vlooimark wat ek nog gesien het. Van die hotelle (en restaurante) in Cork spog daarmee dat hulle vleis en produkte van die Enlish Market af kom… soos byvoorbeeld, die Commons waar ons tuisgegaan het.

Ek was baie verbaas om ʼn pakke, gemerk “BOEREWORS’, in een van die vele slaghuis-stalletjies op te merk. Nou wel teen €9.25 per kg (R150 per kg) maar steeds eg Suid Afrikaans.

65
Boerewors in Cork, Ierland

Ons het by ieder elke stalletjie ʼn draai gemaak. Ons het koffie gedrink, geskenke en aandenkings gekoop en speserye wat ons, met ons eerste braai tuis, op skaaptjops probeer het en dit het ons so beïndruk dat ek klaar die vervaardiger in Cork gekontak het om te hoor of hy nie van dit kan uitstuur nie.

Van die English Market af is ons Blarney Castle toe.

66
Blarney Castle

Om die tuine en omgewing van die kasteel te besoek is baie vêr loop en ek het nie daarvoor kans gesien nie. Bitha besluit om by die kasteel se toeristekantoor te hoor of hulle nie ʼn rolstoel het nie. Hulle het toe een… teen ʼn deposito van €50 (sowat R820)

67
Baie duur gehuurde rolstoel

Bitha, Benitha en Mac het beurte gemaak om my, in die rolstoel, te stoot. Hulle het naderhand goed geblaas van die moeg. Om dit erger te maak het die erg begin reën en ons het van boom na boom beweeg om beskutting teen die reën te kry.

Ons het darem die Blarney kissing stone van onder af gesien

68.jpg

Blarney Kissing Stone – bo in daardie toring

maar niemand het kans gesien om al die trappe te klim of om die muur, wat al deur duisende lippe gesoen is, te soen nie!

69
Mense soen die bekende muur vir geluk

Die kasteel se tuin is pragtig en goed versorg. Hierdie interessante boom – Thuja Plicata_Red Ceder kon ons nie mis nie:

70
Thuja Plicata_Red Ceder

Dit was lekker om Benitha en Mac weer te sien. Ons was pootuit na die dag se rondloop en terug by die hotel en ons aandete geniet en vir Benitha en Mac baie fotos van Suid Afrika af gewys.

71
Ons twee saam met Benitha en Mac

 

more volg DAG 5…

4 thoughts on “Ierland Toer – Dag 4 – English Market (Cork) & Blarney Castle

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s