Ierland Toer – Dag 3 – Van Lahinch na Cork

Die eienaar Coach House Lodge, Paul Guerin, bedien sommer self die ontbyt:

47

Toe hy hoor of beplan om die Cliffs te besoek maar bekommerd is oor die weer en die vêr stap, stel hy voor dat ons die Cliffs vanaf hulle famielieplaas besigtig. Die afdraai na die plaas toe is nie vêr van die Cliffs se parkering af nie en die plaaspad afdraai is duidelik gemerk : Guerin’s Path. Daar gekom, wag sy broer, Martin, die boer, ons in. Hy wys ons waar om te ry en ons parkeer ongeveer vyf meter van die fantastieste uitkykpunt af. Geen foto kan hierdie natuurprag tot sy reg laat kom nie.

Die Cliffs of Moher en die pad wat die ander mense na die Cliffs toe moet loop:

48

49

Van die Cliffs af wou ons oorspronklik Dingle toe gaan en die aand in Kilarney oorbly maar ons was al redelik moeg gery. Ons besluit toe om af te ry tot by Killmer, daar met die ferry oor die Shannonrivier te gaan en dan sommer reguit Cork toe te ry.

Die pad Kilmer toe is, soos die ander Ierse plattelandse paaie, baie nou.

51

50

‘n Interesantheid van baie Ierseplase is dat die plaashuis naby die hoofpad is.

In Kilmer vra ons vir ʼn ou wat, voor sy huis besig is om sy kar t was, waar die ferry is. Hy beduie dit is vêrder aan met die pad, verby die begraafplaas:

54

Net na die begrafplaas sien ons die frerry:

55

Ons het gedink aan die ferry as miskien, bietjie groter as die pond by Malgas wat oor die Breederivier gaan.

56

Ons het ons heeltemal misgis! Die ferry is massief! Met minstens twintig karre, vragmotors en busse.

57

Ons het gedink dit haan ure neem vir die ferry om, met al diè voertuie, oor hierdie breë rivier te kom, maar toe nie! Bitha het vir ons by die winkeltjie op die Ferry koffie gekoop en voor ons koffie klaar gedrink is, was ons aan die ander kant.

Die pad Cork toe raak stadigaan breër tot ons later op die hoofweg is.

Ons hotel is toevallig in die voorstede, reg langs die hoofweg.

Great_National_Commons_Inn_Hotel-Cork-Exterior_view-12-627985

Ons kry ons kamer, pak af, gaan lê op die bed en doen wat toeriste doen sodra hulle by ʼn plek van akkommodasie aankom… log in op die wifi!

Bitha maak Facebook oop en kyk my met groot oë aan:

“Weet jy watter dag is dit?” vra sy.

“Nee… dis Dinsdag… dink ek.” antwoord ek.

“Dit is die agtste Oktober… ons huwelikherdenking! Hier is dit, ʼn memory reminder op Facebook!”

42 jaar getroud… in Cork, Ierland. Dit is ʼn herdenking om te onthou.

Vanaand gaan ons dit vier… Hier in die Hotel… moet ʼn spoed stort ons en is af kroeg/eetsaal/ontspanningarea toe.

59

Ons vier dit met ʼn lekker bottel wyn en ek eet ʼn sappige steak en Bitha eet salm:

Terug in die kamer is ons verras! Die handdoeke is op die bed in hartvorm gevou en ‘n bottel vonkelwyn (blykbaar het die hotel dit van ons facebook profiel af uitgevind):

62

en Bitha het poseer vir ʼn foto om te wys hoe word dit op ʼn pensionaris vakansie gevier:

63

Dag 4 volg more….

8 thoughts on “Ierland Toer – Dag 3 – Van Lahinch na Cork

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s