Ierland Toer – Dag 2 – Van Kilkenny na Lahinch

Ons het vroeg Maandagoggend opgestaan vir ʼn tipiese Ierse ontbyt van eier, spek, wors, black puding, white puding ens.

25

 

Op pad Kilkenny Castle toe het ons Google Maps meisie  die pad ‘n bietjie byster geraak, Ons was in ʼn besige hoofstraat, in die regterkanse baan, en moes links draai. ʼn Vriendelike mede motoris, (tipies Ier) het ons toegelaat om voor hom in te draai sonder om toeter te druk, vinger te wys of gesigte te trek! Dit het so anti-Suid Afrika gevoel!

Negeuur was ons by die Kilkenny Castle. ʼn Uur te vroeg vir die treintjie waarop ons die stadtoer wou doen. Ons besluit toe om die uur in en om die kasteel te verwyl:

Tienuur was ons op die treintjie, gereed vir die Kilkenny-stadtoer

30

Ons het die stad behoorlik deurkruis en onder andere die vlg gesien:

St Mary’s Cathedral

31

Rothe House Museum (met die treintjie, wat teen stadsverkeerspoed ry, kry jy min tyd vir fokus en komposisie wanneer jy fotos neem) 😲

32

St Canice bust

33

 

Die treintjiebestuurder het die trein ongelooflik goed deur die nou straatjies en druk verkeer, hanteer:

34

Na die Kilkenny stadstoer het ons in die pad(jie) geval Tipperary toe. 

Ons het deur  klein dorpies soos, Golden en Cashell, gery waar ons baie kastele, ruïnes en beelde uit die ryk en hartseer Ierse geskiedenis gesien het. Voorbeelde hiervan is die borsbeeld van Tomas MacDonach wat ʼn aktivis tydens die Easter Rising in 1916 was en op 38 jarige ouderdom, in Mei 1916, tereggestel is.

35

Die beeld is by die ruïne van Golden Castle in ʼn park van die dorpie, Golden.

Ruïne van die Golden Castle:

36

Die ruïne van die Domineer Castle wat uit die 13de eeu dateer en tydens verskeie oorloë verower, herwin en bewoon is.

37

die Rock of Cashel kasteel wat uit die 12de eeu dateer.

38

 

Naby Lattin het ons by die Grotto of Our Lady of Lourdes gestop.

Weer het die blomme van die Ierland ons beïndruk:

39

By Burnatty Castle drink ons by Durty Nelly’s tee

40

en sien vir die eeste keer in jare weer ʼn toilet met ʼn regte-egte ketting:

41

Ons volgende stop is Cliffs of Moher. Dit reën en daar is baie toeriste. Die verkeer, busse ingesluit, word al meer. Ons ry deur verskeie klein dorpies wat beter deur die woord “villages” beskryf word. By die Cliffs is ʼn parkeerarea vol karre en mense wat, op die kilometer of meer paadjie, na die Cliff toe stap. Ons besluit om eerder terug te ry, akkommodasie in een van die villages te soek, en die volgende dag (8ste) weer te probeer.

            Ons besluit om ʼn groot genoeg dorpie te kry waar ons minstens ʼn restaurant vir aandete (en ʼn pint) kan kry. Tien kilometer van die Cliffs af kom ons in Lahinch. Redelik groot en verskeie bed en ontbyt opsies. Onsgelukkig dwing ons vereistes van, veilige parkering, geen trappe en ʼn instap stort, ons om weer van een plek na die ander verwys te word. Ons begin by die Shamrock inn Hotel in die hoofstraat:

42

Hier is duisende trappe. Uiteindelik, na nog twee of drie plekke, word ons na die Coach House Lodge verwys: Die plek is baie netjies. Die eienaar se ma en ʼn vriendelike Franse meisie dring aan daarop dat Bitha eers moet kyk of die kamer reg is

43

44

 

Die Franse meisie beveel twee plekke vir aandete aan. Kenny’s Bar, wat volgens haar ʼn fantastiese atmosfeer het, of Corner Stone Bar.

Kenny’s Bar is toe. Dit lyk of, soos in Stilbaai, min restaurante en kroeë op Maandae oop is. Ons is egter gelukkig om reg voor Coner Stone Bar, wat oop is, parkeerplek te kry. Na ons gesit het bestel ek dadelik my pint!

45

 

46

More volg dag 3

5 thoughts on “Ierland Toer – Dag 2 – Van Kilkenny na Lahinch

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s