Ierland Toer – Dag 1 In Ierland

Op Dublin lughawe aangekom was “moeg” nie ʼn faktor nie. Om die kar te kry en die Dublin-verkeer aan te pak was prioriteit. Waarskuwings oor die nagmerrie verkeer om Dublin was legio.

Dublin-lughawe:

12

Om die kar, ʼn Toyota Yaris, by Sixt se toonbank uitgeklaar en gefinaliseer te kry was tydsaam, maar baie makliker as om die kar uit die parkeerplek te kry. Dit was so tussen ʼn pilaar en die kar langsaan geparkeer, dat Bitha by die linkerkantse deur moes inklim en, met die spieëltjies ingevou, baie versigtig moes uittrek.

            Van Dublin verkeer was daar toe baie min sprake. Ons het die M50 om die stad gevat. Die M50 is nou nie jou spreekwoordelike N1 of N3 om Johannesburg nie maar met vier bane en ʼn spoed van 100km, met minder verkeer as Johannesburg verkeer, was dit heel skaflik.

            Ek was baie dankbaar dat Ozzie vriend, Simon Thompson, my aan Google Offline Maps voorgestel het. Die Google meisietjie het ons baie vriendelik die pad beduie. Ons het op die M50 gebly en naby Bray het dit verander in die M11 en die landskap het heelwat meer indrukwekkend geword.

Naby Wiklow:

Daar is baie klein dorpies op die pad. Waar kastele en kerke in die stede kenmerkend is, is die kroeë in die klein dorpies (nie dat ek kla nie) die in ding. Soos byvoorbeeld in Roundwood:

19

By die Glendelough Wool Mills het Bitha my met die huurkar afgeneem.

20

Om op die nou paadjies, tussen die berge en die kleindorpies te ry, was ʼn uitdaging. Behalwe dat daar ʼn stapbyeenkoms in die Wiklow Mountain was, lyk dit of almal uit Dublin en Kilkenny, oor naweke, die berge in trek. In nie een van die klein dorpies kon ons naby ʼn restaurant parkeerplek kry nie.

Kilkenny was net so besig. Ons het nie vooraf akkommodasie gereël nie. Ons akkommodasie vereistes was ʼn faktor. In die stede, waar die meeste mense op straat parkeer, wou ons veilige parkering vir die kar hê. Trappe sonder ʼn trapreëling was uit en daar moes ʼn instapstort was.

Na ons ʼn paar plekke navrae gedoen het besluit ons om deur te ry Tipperary toe. Net voor ons Kilkenny uitry, so op ʼn draai, sien ons ʼn hotel, met baie parkering, in ʼn stil woonbuurt:

Die Kilkenny House Hotel:

21

Behalwe vir baie steil trappe, gelukkig met ʼn reëling, was alles soos ons dit wou hê. Brandon, by die ontvangs, self nie ʼn jong mannetjie nie, het ons flink met die tasse gehelp. Die eienaar, wat self by ook die ontvangs was met raad en hulp, het voorgestel ons eet aandete by die Kyteler’s Inn. Hy het ʼn parkade naby die restaurant voorgestel en dit was skaars tweehonderd meter se loop tot by die restaurant.

Ons het lekker by Katelers Inn gekuier.

22

Ek het hoendervlerkies gehad – Heerlik. Bitha se Irish stew was nie so lekker nie. Ons boere sal dit vaalvleis in ʼn waterige sousie noem.

23

Kyteler’s Inn het nogal ʼn interessante geskiedenis. Dit was oorspronklik die huis van Alice Kyteler. 

24

Volgens oorlewering het sy haar vier mans vergiftig en is as ʼn heks verklaar. Sy vlug Engeland toe maar haar jarelange bediende, word in hegtenis geneem en na sy gegesel is, word sy op 3 November 1324, op ʼn brandstapel verbrand.

More volg Dag 2…

 

 

2 thoughts on “Ierland Toer – Dag 1 In Ierland

  1. Ierland is ‘n maklike plek om te besoek.Ek en my dogter het ‘n paar jaar gelede ook ‘n kar gehuur en ek het die verkeer en bestuurdery heel maklik gevind.Dis nou lekker om deur jul oë weer die land te beleef!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s