Ierland Toer – Die Reëlings en Reis tot daar. (ek gaan vir die volgende paar dae, elke dag, ‘n bietjie van on reis pos)

Op pad Ierland toe

Na ʼn week van gaste onthaal, akkommodasie reëlings en Milly na die  kennel toe vat,

20190927_150730_resized_1

is ons tasse gepak en ons is gereed om te vertrek:

2

Ons het besluit om eerder tot in Johannesburg te ry in plaas van vlieg. Die bagasie tot in Johannesburg het nie die addisionele vlugkoste regverdig nie. Daar was geskenke vir die kinders en BAIE gemmerkoekies wat moes saam.

Oorspronklik sou ons op Colesberg oorgeslaap het maar, om Dinsdagmiddag betyds te wees om die kinders by die skool te kry en Kayla, vir haar verjaarsdag, by die skool te verras, besluit ons om op Bloemfontein oor te bly.

Ons gunsteling gastehuis in Bloemfontein, Namib Gastehuis, het ʼn nuwe eienaar maar ons kry dieselfde kamer as voorheen met ʼn paar vernuwings en verbeteringe:

3

Maandagaand eet ons, op ons gasvrou se aanbeveling, by Copper & Coal:

4

Ons is verras deur die vriendelike kelnerin wat ons welkom heet en, soos ʼn wafferse sjef, spyskaart aanbevelings maak. Bitha merk haar interessante tatoeëermerk op en sy verduidelik dat dit ʼn weergawe van haar baba se EKG ritme, net na geboorte, is en die geboortedatum daarby:

5

Sy is toe ook so vriendelik om sommer ʼn foto van ons te neem:

6

In Johannesburg aangekom was die kinders was baie verras toe hulle vir Ouma by die skool sien.

Kayla se verjaarsdag is by haar gunsteling restaurant, Rocco Mamma, gevier.

Na drie dae van, Kayla se verjaarsdag vier, inkopies doen, probeer ZAR omsit in Euros by die bank, waar ons meer as ʼn uur wag en toe by ʼn suur teller hoor dat hulle nie Euros het nie (wat ons toe ten duurste by die lughawe moes kry) is ons uiteindelik Vrydagmiddag na Herman en Dederè toe. Hulle het ons weggebring het lughawe toe.

Omdat ek gebruik maak van “assistance” moes ons vroeg by OR Tambo wees en het ons in Mugg en Bean gesit tot dit nader aan die tyd was om aan boord te gaan. Vriendin Marcile bel om ons ‘n veilige reis toe te wens.

7

Die vlug Dublin toe was sieldodend. Etihad het geen vlugte Dublin toe met minder as dertien uur oorstaantyd in Abu Dhabi nie. Ons was net aan die begin van die vlug so vriendelik

8

 In Abu Dhabi het ons die tyd tussen die Airotel en die Plaza Lounge spandeer.

Gelukkig, soos met die res van ons vakansie, was die mense baie vriendelik:

Dag 1 in Ierland volg more…..

 

5 thoughts on “Ierland Toer – Die Reëlings en Reis tot daar. (ek gaan vir die volgende paar dae, elke dag, ‘n bietjie van on reis pos)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s