VERKIESING IN VERMAAKLIKHEID

Pligsgetrou en gretig om ons voorkeur politieke party te ondersteun, bied ons aan om by die stemlokaal op Vermaaklikheid te gaan help.

Ons doen aansoek vir spesiale stem, gaan stem Dinsdagoggend. Dinsdagmiddag vieruur, is ons gepak en gereed om die 46 kilometer, minstens ʼn uur se ry op daardie slegte grondpad, aan te pak. ’n Kennis het goedgunstiglik ingestem dat ons die aand in een van sy selfsorghuise in Vermaaklikheid kan bly.

Vermaaklikheid huisie

Ons is voeg Woensdagoggend by die stemlokaal en met ons, skaars tweekeer gebruikte, gazebo opgeslaan, my kar knus teen die gazebo geparkeer, tafels en stoele uitgepak, sit ons met politieke-glimlagte en kyk hoe die opposisie hulle lendelam gazebo staanmaak. Die toestand van hulle gazebo sit hulle egter nie af nie! Hulle pak honderde T-hemde uit, maak klipharde musiek en al dansende deel hulle borde en borde lamskerrie en vetkoeke aan voornemende kiesers uit. Ons voel skoon minderwaardig!

Ons eet stil-stil aan ons oorskietvleis van Dinsdagaand se braai en drink ʼn koffietjie uit die fles.

Vroegmiddag kom daar ʼn tipiese suid-kaapwindjie op. Hy waai die opposisie se ou gazeboutjie dat hy skeefstaan… en by ons… die wind lig ons “Aluminium Opvoubare Gazebo” op… teen my kar vas… en oor die kar… anderkant af en land met al vier aluminiumpote afgebreek!

Daar sit ons in die son en wind… terwyl die opposisie dans, hemde en kos uitdeel en ons ignoreer asof ons nie bestaan nie.

Ons was oortuig ons dat, van die plus-minus 360 stemme, bitter min sou kry.

Op pad terug huis toe is daar ʼn ander probleem! Dit is sononder en die pad is sleg! Om alles te kroon is daar fout met my kar se ligte! Ek kon dit nie verstaan nie? Dit maak nie saak hoe ek die ligte van die paneelbord af probeer stel nie! Dit bly net dof! Toe ons op die teerpad tussen Jongensfontein en Stilbaai draai kom daar ʼn paar karre van voor af en vreemd… hulle ligte is net so effentjies! Stilbaai straatligte is net so dof! Toe ek die huis instap ondek ek die rede vir die swak ligte! EK HET NOG MY DONKERBRIL OP!

Twee verrassings het egter op ons gewag:

  • Ons party het 237 stemme gekry teenoor die opposisie se 56.
  • Die kwotasie om die skade op my kar te herstel is R22,000 en ons is ʼn gazebo kwyt!
Advertisements

2 thoughts on “VERKIESING IN VERMAAKLIKHEID

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s