Help… uit dankbaarheid

Al vir jare lees ek elke oggend ‘vers-ʼn-dag’.

As ek dit nie gelees het nie voel dit vir my ek het iets belangriks gemis. Ek weet ʼn mens moet dalk nie emosioneel oor sulke goed word nie maar ek moet erken, ek voel skoon “skuldig” as ek dit gemis het. Dit is veral oor die Desember/Januarie vakansie tye, wanneer die dagstukke nie geplaas word nie, wanneer ek dit veral mis..

Ek het my gunsteling “vers-ʼn-dag”-skrywers ook. Dit is nou Benescke van Rensburg en Hennie Simington.

Hennie het juis vanoggend se stuk geskryf en, na die naweek waar ons gehelp het met kiesers-registrasie en te doen gekry het met politiek wat soms baie geniepsig en ongenaakbaar kan wees, het die stuk my baie getref. Ek hoop “vers-ʼn-dag” se admin en Hennie sal my vergewe dat ek dit hier deel:

(Hierdie is slegs ʼn uittreksel)

In ʼn samelewing waar die enigste dankie waarvan jy seker kan wees van die goedgemanierde OTM kom, is die uitdaging soveel groter om “anders” te wees.

 

“Die volgende verhaal vertel iets van hierdie anderswees. ʼn Vriendin wat onlangs op ʼn vlug van Londen na New York toe was, kom te lande langs ʼn vrou wat vreeslik hartseer is. Dit blyk toe dat haar man wat saam met haar op die vlug sou wees, skielik oorlede is. Die vriendin het dus die sitplek waar hy sou sit gekry. As ʼn toegewyde Christen begin die vriendin stilweg bid en vir God vra wat sy kan doen om die vrou te troos. “Vat haar hand!” kom die antwoord hard en duidelik! “Maar ek kan mos nie” protesteer sy. “Here, is U seker dis wat ek moet doen?” vra sy weer. Weer kom die antwoord: “Vat haar hand!” Sy doen dit toe. En so sit sy en die dame vir die res van die vlug woordeloos terwyl die trane oor die vrou se wange rol. Aan die einde van die vlug sê die vrou vir haar: “Jy sal nooit weet wat dit vir my beteken het nie.”

 

Sulke dade is geestelike maniere wat uit die hart uit kom. Eeue gelede het Sint Franciskus van Assisi iets hiervan begryp toe hy die hande en gesig van ʼn bedelaar gesoen het terwyl hy ʼn muntstuk in sy hand plaas.”

blog foto

Advertisements

3 thoughts on “Help… uit dankbaarheid

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s