25 tot 29 September – Dublin tot Dubai en Dubai tot Suid Afrika

25 September

Die hotelontbyt die volgende oggend was baie lekker. Tipies Ierland is daar onder andere aartappels en blackpudding.

Die persoon by hotel se ontvangs reël vir ons ʼn taxi en ʼn baie vriendelike taxibestuurder neem ons Connoly-stasie toe.

Net toe ek Benitha wil bel sien ek haar aan die ander kant van die straat aankom.

Dit was goed om haar, na twee jaar, weer te sien.

Dit was te vroeg vir die trein en ons het in ʼn pub regoor die stasie gaan sit en koffie drink (Ja! Ierland se pubs bedien koffie).

Benitha was vol gesels.

p 20170925_3

Ons het net op die trein geklim toe moes ons weer afklim. Blykbaar was daar fout met die lokomotief maar dit is gou uitsorteer. Terwyl ons buite gestaan het ontmoet ons Suid Afrikaners en in die trein ontmoet ons ʼn Duitse meisie wat van Namibië af kom. Die meisie gesels land en sand met Benitha.

By Dundalk-stasie wag Mac vir ons en help met die tasse. Ons gastehuis is omtrent ʼn kilometer van die stasie af en ons moes stap.

Die gastehuis was heel gerieflik en aangenaam.

Ons gastehuis in Dandulk:

edf

Die kamer is baie netjies maar so warm soos ʼn bakoond. Dit is gas verwarming met verwarmers oral, in die kamer en in die badkamer en, glo dit as jy wil, tot in die hangkas. Ek het die verwarmers probeer afskakel maar kon nêrens ʼn skakelaar vind nie. Ek gaan vra, ten einde raad, die vrou wat die gastehuis bestuur. Dit is moeilik om met haar te kommunikeer. Sy is van Kroasië en praat moeilik Engels. Sy kan eers nie glo ek wil die verwarming af hê nie en toe sit sy dit naderhand self vir my af.

Na Benitha, die kwilt en ander geskenke wat ons vir hulle gebring het bewonder het, is ons na ʼn restaurant daar naby, die Windsor, vir aandete.

r Windsor Bar

 

26 September

Een item op my toer bucket-list was om tyd in ʼn Ierse kwiltwinkel te spandeer. Enige ware Suid Afrikaanse kwilter se droom is ʼn paar oomblikke in ʼn Europese kwiltwinkel. Behalwe dit was daar ʼn sekere kleur materiaal wat ek nêrens kon kry nie. Ek wou sien of ek dit nie dalk in Ierland kon kry nie. Benitha, Jan en ek het die oggend van die 26ste Dundalk in gevaar om die kwiltwinkels te besoek. Ons het Jan by ʼn koffieshop gelos en ons is na die Square toe. Ek het nie geweet hoe vêr dit is nie en Benitha, wat na nege jaar in Ierland, gewoond aan stap is, word nie moeg nie! Na, wat vir my gevoel het soos ʼn ewigheid se loop, kon ek net nie vêrder nie. Ek kla maar Benitha stap en raas. ʼn Mens sou sweer sy is die ma en ek is die kind. Toe ek die verskoning, dat ek nou moet piepie, uitdink is haar antwoord: “Jy gaan nie piepie of eet nie. Jy wou mos ʼn kwiltwinkel besoek, nou loop ons”

Uiteindelik kom ons by die winkel… en dit is toe!

Na nog ʼn ewigheid se loop kom ons by ʼn ander winkel, Mc Evoy, waar ek ʼn paar stukkies materiaal koop. Daar is pragtige materiale maar ek was glad nie meer so geïnspireerd as aan die begin van die stappery nie!

Terug by Jan besluit ons om iets te gaan eet. Tipies Ierland… weer in ʼn pub. Hierdie keer drink ons van Ierland se lekkerste, tuisgebroude bier.

Daardie aand is ons alleen. Benitha en Mac het werk wat hulle moet afhandel en kan nie tyd saam met ons spandeer nie. Ons besluit ons wil vis en tjips by een van die bekende Dundalk vis restaurante gaan eet. Die restaurant is toe en ons besluit op McDonalds. Ons is glad nie McDonalds aanhangers nie maar die burgers wat ons daardie aand eet was heerlik. Glad nie soos McDonalds in Suid Afrika nie. Die kitskos koop proses is ook heelwat anders. In die middel van die winkel is ʼn “order station” waarop jy jou bestelling keuse kies. Jy kry dan ʼn nommer en gaan sit. Die kelnerin bring dan jou bestelling sodra dit reg is.

 

27 September

Toe ons die oggends van die 27ste opstaan, reën dit. So was die res van die dag reënerig en koud.

Benitha en Mac kom later die oggend by die gastehuis aan en ons gaan saam met hulle Tesco-sentrum toe.

Ons loop en kyk bietjie in Tesco, wat soos ons Spar of Pick n Pay is, rond. By Costa, in dieselfde sentrum, drink ons koffie.

Mac en Benitha is weer vroeg weg en ons bestel, vir aandete, ʼn wegneemete om by die gastehuis af gelewer te word.

Op die advertensie in die kamer sien ons “chips with steak strips and sausages”. Ons kies dit.

Toe dit afgelewer word, is ons geskok. Elkeen van ons kry ʼn bakkie, so groot soos klein brood pannetjie, vol chips en strokies steak met een of ander heerlike witsous en nog twee worsies elk. Ons kon nie eers een opeet nie!

28 September – Ons laaste dag in Ierland

Benitha hulle kom haal ons 11 uur by die gastehuis. Ons groet ons Kroasiese gasvrou, met wie ons nou al vriende is:

edf

Die pad stasie toe is weer ʼn herinnering aan die vêr loop toe ons in Dundalk aangekom het.

By Connolys-tasie in Dublin aangekom, vat ons ʼn taxi Temple Bar toe waar Jan in Starbucks sit en wag terwyl ek, Benitha en Mac vir die kleinkinders in Suid Afrika elk ʼn “Top Model” boek gaan soek. Later, nadat ons weer by Jan aangesluit het en ʼn peperduur Cuppucino gedrink het en Benitha en ek ons laaste groot gesels ingekrygekry het is ons Carrol’s toe.

Jan het gou by Carrol’s vir hom nog aandenkingeaangeskaf:

Ierland Aandenkinge

Ek en Benitha kry nog ons laaste gesels in

IMG_20170928_38662 - Copy - Copy

By die busstop naby Carrol’s sê ons vir Benitha en Mac totsiens en ry, al terugkykend, Dublin Lughawe toe.

Weer was ons wag by Dublin lughawe ʼn paar uur. Ons vlug Dubai toe het 10.25 nm vertrek maar ons het baie gehad om oor te gesels en ons gedagtes besig te hou.

29 September

Ons kom die volgende oggend 8.50 by Dubai aan. Hierdie keer was die wag vir ons vlug Suid Afrika toe nie te lank nie. Die vertrek tyd vanaf Dubai was 10:05 vm.

Moet egter nooit sê die opwinding van ʼn toer is verby as jy die vliegtuig vir jou tuisvlug bestyg nie!

Waar ons op Dubai lughawe wag, kom sit ʼn vrou langs ons. Vir ons was sy baie “besonders”. Sy was in haar vyftigs en het met ʼn kierie geloop. Wat vir ons vreemd was, was dat die vrou se hare helder pienk en pers gekleur was, haar hele lyf met tatoos bedek, tot haar kop! Sy het ook oral, in haar ore, neus en lippe, ringe gehad.

Wat ons egter meer verbaas het is dat sy, na sy kom sit het, ʼn handwerksak uithaal en aan ʼn kwilt begin werk het! Kan jy glo? Nog nooit in my lewe sou ek kon droom dat hierdie eksentrieke figuur sal kwilt nie! Ek het onmiddellik begin uitvra en vriende maak.

Haar naam is Erica. Sy is van Kent in Engeland en haar stokperdjie is kwilt. Ons het epos adresse uitgeruil en ek het al twee eposse van Erica gekry!

20170929_3

Terug in Suid Afrika het ons baie gehad om te vertel… alles op die laaste paar bloginskrywings en meer.

Dankie vir die saam kuier en die kommentare.

Advertisements

One thought on “25 tot 29 September – Dublin tot Dubai en Dubai tot Suid Afrika

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s