24 September – Hamburg via Amsterdam tot in Dublin

Dit is ons laaste oggend op die skip.

Oor die interkomstelsel, wat tot dusvêr slegs vir amptelike aankondigings gebruik is, speel musiek. Heel gepas A Time to Say Goodbye.

Ons het die vorige middag ʼn kennisgewing op ons bed gekry wat aandui dat die passasiers op ons dek 9:30 vm. by die Platinum Teater moet vergader voor ons die skip mag verlaat. Ons gaan eet dus vroeg ontbyt in is negeuur al by die teater. Die passasiers van die verkillende dekke verlaat die skip om die beurt en ons moet ‘m ewigheid wag vir ons beurt. Gelukkig was ons vlug eers 3:15 nm. So ons het nie te veel bekommerd nie.

Teen ongeveer tien uur kry ons tasse en ʼn vriendelike taxi bestuurder wat ons Hamburg lughawe toe neem. Uit die taxi se agterruit neem ons afskeid van ons skip:

m 20170924_4

 

By die lughawe moet ek 1€ vir ʼn trollie betaal. Tussen Jan en my het ons nie enige kleingeld nie en die taxibestuurder help ons met betaling vir die trollie en om die tasse op die trollie te kry.

Binne die lughawe gebou het ons geen idee waar ons hek is waar ons aan boord moet gaan nie. Soos met ons aankoms in Hamburg aan die begin van ons toer, word ons weereens begroet met arrogansie en ongeskiktheid wat ons op daardie stadium begin dink het, eie is aan die Duitsers. Die inligting kiosk is verlate en toe daar uiteindelik, na seker ʼn halfuur, iemand opdaag, is die persoon suur en wys met een vingertjie oor haar skouer waarheen ons moet gaan.

Ons het later by ʼn restaurant, waar die kassiere net so suur was, gaan sit en koffie drink.

edf

Jan is later weer af na die inligtingtoonbank toe om uit te vind hoe hulle WiFi werk. Weer kon hulle hom nie help nie en hy vind toe by ʼn toeragentskap se kantoor uit hoe dit werk. Op pad terug restaurant toe merk hy dat daar by die KLM toonbank ook uiteindelik iemand is, Gelukkig is dit ʼn vriendelike jong man wat vir ons die assitance reël en die tye gee wanneer ons by die hek moet rapporteer.

By die KLM toonbank kom haal die assistance portier ons en neem ons deur die doeane. Die doeane was ook iets om te belewe! Ek word soos nog nooit deursoek. Daar word tot in my broek gekyk! Ek moet my skoene uittrek en my deodorantbotteltjie wat in my handsak was moet ek in ʼn groot vullisblik gooi.

Ons vlieg met ʼn Cityhopper Amsterdam toe. Dit neem net 45 minute.

Die Schiphol Lughawe by Amsterdam lughawe is georganiseerd en die mense is vriendelik. ʼn Baie vriendelike vrou neem ons met ʼn gholfkarretjie van die aankomssaal tot by ons vertrek hek.

Jan koop vir hom tulpbolle by ʼn stalletjie en kaas vir Benitha. Ons is nie lus groot eet nie en ek koop vir ons elkeen ʼn piesang by ʼn vrugtestalletjie. Die twee piesangs kos ʼn whopping twee euro.Dit is twee en dertig Rand!

Ons kon ons verkyk aan die groot horlosie by die lughawe met die man binne wat elke minuut die tyd verf: Google gerus https://www.youtube.com/watch?v=EAax4BSKNQU

o amstrerdam lughawe clock

Na ʼn gewag van vyf ure (hulle kan lughawens eerder iets soos “wag-en-vlieg” noem) gaan ons aan boord vir die vlug Dublin toe. Weer met ʼn Cityhopper.

Die vlug vanaf Amsterdam tot in Dublin is een en ʼn half uur en ons kom elfuur die nag met ons bagasie by die lughawe uit.

Die hotel waar ons in Dublin oornag het ʼn “shuttle” diens lughawe toe

ʼn Lughaweportier, ʼn jong vriendelike Ier, stoot Jan in ʼn rolstoel na die busterminus toe en ek stoot die trollie met ons bagasie. Dit is omtrent ʼn kilometer busterminus toe maar die Ier het nie ʼn probleem nie.

By die terminus is daar baie mense en ons is onseker watter bus ons moet gebruik. Jan bel die hotel en hulle gee die bus nommer en sê die bus het pers strepe. Ek vra ʼn ou wat lyk of hy dalk in beheer van die terminus. Hy sê die bus is nog nie daar nie maar bied aan om te help as die bus kom.

Die bus arriveer ongeveer dertig minute later en van die ander passasiers wat ook vir die bus wag help met ons tasse. By die hotel aangekom help die passasier en die busbestuurder ons weer met die tasse. Hulle dra die tasse tot by die ontvangs van die hotel. Na ons Hamburg ondervindinge waardeer ons soveel vriendelikheid.

Die hotel, Swords Dublin Airport, was netjies met ʼn aangename atmosfeer.

Ons was baie moeg. Ek het Benitha net gebel om te sê ons is veilig in Dublin en toe gaan slaap.

Advertisements

One thought on “24 September – Hamburg via Amsterdam tot in Dublin

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s