23 September – Amsterdam na Hamburg – heel dag op see:

Ons toer eindig amptelik in Amsterdam. Wat oorbly van ons vakansie is die vaart terug tot in Hamburg en dan ons lang verwagte kuier vir Benitha in Ierland.

Nege uur, die oggend van die 23 ste September vertrek die skip uit Amsterdamhawe.

Hoewel dit ʼn dag en ʼn nag op see sal wees kan ons nie laat slaap nie. Daar is ʼn tipe van afwagting in die gedagte dat dit ons laaste vaart van die toer is.

Ons staan negeuur die oggend, op ons kajuit se balkon toe die skip Amsterdamhawe verlaat. Ons sê totsiens vir Amsterdam en ons kom ooreen dat, van die vyf lande wat ons besoek het, België en Nederland die lekkerste was. Dit was meer ontspanne en die mense was, oor die algemeen, die vriendelikste.

Dit is ʼn pragtige oggend:

Ons spandeer die dag op see deur vir oulaas soveel moontlik van die skip-omgewing in te neem en te probeer om dit in ons kameras (en ons eie) geheuebanke te stoor. Behalwe dat ons twee keer die dag bietjie geslaap het, het ons, onder andere, by een van die swembaddens gesit en roomys eet…

(My oorspronklike idee was om van die vele geure roomys net een geur te kies maar die dame wat bedien het, het daarop aangedring dat ons ʼn skeppie van elke soort roomys kry):

… en die middag het ons na ʼn kort weergawe van Guiseppe Verdi se La Traviata, in die Platinum teater op dek 6, gaan kyk. Dit was regtig die moeite werd.

Terug by die kajuit pak ons al ons goed in om gereed te wees om die skip 7:15 die volgende oggend te verlaat.

Daarna gaan ons vir ons aandete en ʼn laaste koffie in die restaurant.

l_20170923_06

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s