19 September Frankryk – Le Havre en Parys

Ons beplan om vroeg die oggend op te staan vir ons besoek aan Parys. Jan se wekker gaan nie af nie en ons moet jaag om 8:45 klaar te wees en by die bymekaarkom plek, die “The Green Sax Bar”, te wees.

Dit is ʼn drie uur busrit van Le Havre tot in Parys. Na omtrent ʼn uur en ʼn half se ry stop die bus genadiglik by, wat ons ‘in Suid Afrika ʼn 1Stop sou noem, vir die passasiers om die kleedkamer te gebruik.

Die omgewing waarin ons ry is pragtig groen en boomryk maar so begroei dat ons nie veel meer as die omgewing onmiddellik langs die pad kan sien nie.

Die bus ry ʼn paar draaie deur Parys. Die gids sukkel om betyds te vertel wat die belangrike besienswaardighede is want die bus ry hopeloos te vinnig. Ons is byvoorbeeld al amper deur die tonnel waar Prinses Dianna verongeluk het toe die gids ons meedeel dat dit nou die tonnel is.

Die tonnel waarin die Prinses Dianna ongeluk plaasgevind het:

20170919_Diana tonnel Frankryk

By die Pont De l’Alma klim ons op ʼn boot wat heeltemal met glas omsluit is en vaar vir ʼn uur op die Seinerivier deur Parys.

Ons glas boot:Glass boat

 

 

 

 

 

 

Ons sien die pragtigste geboue maar ongelukkig is die kommentaar op die boot nie te goed nie, met die gevolg dat ons nie historiese geboue, behalwe die baie bekendes soos die Arc de Triomphe en Eiffeltoring, nie kon identifiseer nie. Jan het die geboue later met Google Images geïdentifiseer.

Van ons fotos van geboue langs die Seine

Ons sit redelik agter op die boot. Agter en langs ons kom sit ʼn klomp Chinese wat harder raas as wat enige Suid Afrikaner kan hoop om te kan raas. Dit is so erg dat ons later voor gaan sit. Later het meer van die mense vorentoe geskuif. Die Chinese het duidelik nie die skimp gevang nie want hulle het ook so een-een vorentoe geskuif. Later met die fotonemery moes ons maar goed en vinnig mik en druk want jy is nog besig om te fokus dan duik daar ʼn Chinese kop voor jou op.

Om ‘n minder obstruksie met my fotonemery te hê kon ek gelukkig elke nou en dan buite op die dek gaan staan om foto’s te neem.

Terug in die bus ry ons tot by die Alexandra burg en stop in ʼn parkeerplek langs die Seinerivier waar die bus  vir ons  wag terwyl die passasiers ongeveer twee ure vrye tyd het om op hul eie in Parys te spandeer.

Die Alexandra brug

Jan het besluit hy wil, in elke land wat ons besoek, vir hom ʼn aandenking koop om op sy studeerkamer-boekrak te plaas. In Parys wil hy graag ʼn klein staal weergawe van die Eiffeltoring koop.

Die Eiffel-aandenking:

Tour-Eiffel-Socle-Bois

Die toergids stel voor ons stap net reguit aan langs die Seine. Volgens haar is daar winkeltjies wat aandenkinge verkoop vêrder aan.

Na ons seker meer as seker so twee kilometer geloop het kom ons by ʼn plek waar ons nie vêrder kan gaan nie. Jan is ook moedeloos en voel hy kan nie vêrder stap nie. Sy voet is baie seer. Later het ons gesien sy toonnael is potblou en die nael het later afgeval.

Die pad wat ons moet kruis om by die sogenaamde “winkeltjies” te kom het geen voetoorgang nie en dit is ʼn dubbelpad met verkeer wat so jaag dat dit enige Suid Afrikaanse verkeerskonstabel ʼn hartaanval sou gee.

Ons het geen keuse as om al die pad terug te stap nie. In hierdie stadium is ons moeg, moedeloos en honger. Ons kan kos stalletjies oorkant die besige pad sien maar daar is geen kans om oor die pad te kom nie.

Terug naby waar die bus staan kry ons ʼn robot met ʼn voetoorgang en besluit ons sal daar oorgaan. Ons eerste gedagte was om terug te gaan bus toe maar die honger en behoefte om by ʼn toilet uit te kom motiveer om aan die anderkant van die besige pad te probeer.

Ek het ʼn entjie voor Jan uitgestap en staan by die robot-oorgang vir hom en wag. Langs my staan ʼn man en vrou en ek hoor hoe die man vir die vrou in Afrikaans sê: “Die mense ry aan die verkeerde kant van die pad.”

Voor ek my kon verhelp sê ek: “Ja en as jy oor hierdie pad loop ry hulle jou dood.”

Ons was almal baie verhaas. Wat is tog die kans om ander Suid Afrikaners in Parys by ʼn verkeer oorgang te ontmoet?

Ons stap vêrder saam met hulle en gesels. Baie vriendelike mense wat van Johannesburg af kom. By ʼn kasteel gaan hulle in en Jan en ek stap vêrder.

ʼn Entjie verder is daar publieke toilette langs die pad. Dit kos een euro om in te gaan. Ons het net een euro in kleingeld en Jan, wie se nood die hoogste was, gaan in. Toe hy inkom neem ek my kans waar en glip gou in voor die deur toegaan. Die vrou wat die toilette skoonmaak en die geld kollekteer is baie ontsteld toe ek uitkom en sy loop al agter ons aan en sê: “Madam, Madam you have not paid Madame”.

Jan krap iewers uit sy sakke 2€ en hy gee dit vir haar. Sy gee, nou sommer baie meer tevrede, vir hom kleingeld. Ek moet sê sy doen glad nie haar werk so goed nie want die toilet is glad nie skoon nie.

Vêrder langs die pad kry ons ʼn kosstalletjie waar ons vir ons ʼn pannini, met kouevleis op, koop. Die pannini en een koeldrank wat ons deel kos ons 10€… sowat R167.00.

Ons sit op die bankie in ʼn tipe parkie en eet.

Na ons geëet het besluit ons dat Jan daar sal wag en ek sal vêrder stap om te kyk of ek ʼn aandenkingwinkel kry. Ek het oor ʼn hele klomp strate geloop en tot by die Obelisk en toe maar weer omgedraai sonder om een aandenkings winkel te kry.

Die Obelisk

oznor

Met terug stap kry ons ʼn “fiets-taxi” Dit is basies ʼn fiets met ʼn kajuit op. Die bestuurder sit op die fiets sitplek voor en trap terwyl twee passasiers agterop sit.  Daar is heelwat van hulle in Parys.

bicycle taxi Parys

Ons vra die fiets-bestuurder of hy ons terug bus toe sal neem. Dit is ʼn vriendelike jong man wat dadelik instem en ʼn prys van €30 aanbied. Jan onderhandel bietjie met hom en hulle kom ooreen op €25. Jan is baie trots op sy besparing van ongeveer R82.

Ek vertel vir die fiets-bestuurder van die Eiffeltoring-aandenking wat ons soek en hy sê hy weet presies waar om een te kry en bied aan ons ons daarheen te neem en daar gaan ons. Hy ry in die besige verkeer en terwyl hy ry en die fiets toeter elke nou en dan druk, tree hy op as toergids

Hy ry tot by die Louvre se tuin waar ons ʼn Eiffeltoring-replika by ʼn ou, wat ons vertel hy kom van Ghana af, koop.

Ons gids (taxi-drywer) gaan wys vir ons die Arc die Triomphe en neem ʼn foto van ons daar.

20170919_Arc de Triomphe Frankryk

Op pad terug bus toe kry die fiets/taxi ʼn pap wiel. Ons wil afklim maar hy dring daarop aan dat ons bly sit en hy trap… pap wiel en al.  Sowat vyftig meter van die bus af kom die buiteband van die velling af en dit is vir hom onmoontlik om vêrder te ry. Jan betaal hom, ons bedank hom vir sy uitstekende diens en stap bus toe vir ons terug rit Le Havre toe.

Ons kom die aand te laat terug op die skip om in die restourant te eet en gaan eet in die buffet-restaurant. Die aand het ons in die buffet geëet dit was te laat vir die restourant. Daarna is ons na die Green Sax Bar om na die Music and Dance uitvoering deur Duo 2 Memory te kyk.

2 thoughts on “19 September Frankryk – Le Havre en Parys

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s