ʼn Heel dag op die see– Aand van 17 en 18 September op die Skip

Na die verpligte noodgeval-oefeninge is ons na ons toegewysde restourant. Dit is een van die vele formele restourante op die skip, die L’Arabesque op dek 7. Tydens die eerste “dinner seating” word jou plek in die restourant aangewys en vir die res van die reis sit jy, tydens formele etes, net op daardie plek. Wanneer dit ʼn tafel vir meer as twee mense is, moet jy tafel met ander reisigers te deel. Ons is egter gelukkig en daar word ʼn tafel vir twee aan ons toegewys. Die lekker van so ʼn toegewysde sitplek is dat jy die kelner leer ken en dat jy byvoorbeeld jou wyn, wat na ete in die bottel oor is, kan laat seël en merk en die volgende ete weer kry.

 

      Vir voorgereg bestel ek ʼn Neutslaai. Ek was bietjie geskok toe die bedien word. Dit bestaan uit ʼn bord baba-spinasie met olyf olie, een halwe okkerneut  en ʼn stukkie roomkaas so groot soos my duimnael. As jy dit vir iemand in SA gee lag hy hom dood. Die hoofgereg was egter baie keurig voorgesit en baie lekker.20170917_37

Na ete gaan kyk ons na ʼn sang uitvoering. “Unforgettable” deur Coffee ‘round Midnight in die El Dorado Piano bar.

 

 

 

 

 

18 September is ons heel dag op see.

Dit is vierhonderd nege en veertig seemyl vanaf Hamburg na Le Havre in Frankryk. ʼn Hele dag op die see.

Ons gebruik die grootste deel van die dag om onsself te oriënteer met betrekking tot al die fasiliteite en besienswaardighede op die skip. Die dekor en kunswerke op die skip is indrukwekkend om die minste te sê:

      Ons het ook na die sesde vloer gegaan om ʼn uitstappie na Vlaandere, tydens ons besoek aan België, te reël.

      Die middag moes al die gaste die Britse immigrasie owerhede sien. Dit was net ʼn vereiste van die Britse owerhede, geen van die ander lande nie. Elke dek se gaste moes in ʼn toegewysde restourant byeenkom. Dit was eintlik ʼn totale sinnelose aksie. Ons het in ʼn ry gestaan om ons paspoorte, wat op die eers dag ingeneem is, ontvang, Weer in ʼn ry gestaan om dieselfde paspoort aan die immigrasie beampte te oorhandig wat ons gevra het waar kom ons vandaan en waar gaan ons heen en toe is dit die einde van die onderhoud.

      Na die “onderhoud” met die immigrasie beampte het ons na ʼn praatjie oor die verskillende uitstappies, op dek ses in die Platinum Teater gaan luister.

      Na die uitstappie praatjie was daar ʼn demonstrasie van sjokolade cocktails in die Green Sax kroeg waarna ons gaan kyk het. Dit was baie interessant maar klaar blyklik het dit slegs gegaan om die demonstreerder se vernuf ten toon te stel want toe ek na die demonstrasie vra of ons die resepte gaan kry was die antwoord “nee… dit is ʼn geheim”.

      Na die demonstrasie moes ons gaan gereed maak vir die Gala-aand. ʼn Eenmalige geleentheid tydens die reis waarvan ons lank voor ons reis reeds van gehoor het.

       Die gaste is veronderstel om meer formeel aan te trek en die ete wat aan20170918_10gebied word was ook meer

spesiaal. Daar was ook geleentheid om die skeepskaptein persoonlik te ontmoet en saam met hom te poseer vir ʼn foto…. iets wat ons nie gedoen het nie

20170918_09
Ons tafel vir die reis

2 thoughts on “ʼn Heel dag op die see– Aand van 17 en 18 September op die Skip

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s