16 September 2017 – Hamburg-Duitsland

Die Polo Hotel in Hamburg, wat op aanbeveling van Steffan (ʼn kennis wat in Hamburg bly maar tydens ons besoek in Amerika was) en volgens beoordeling van Tripadvisor en Booking.com baie goed is, lyk of dit in die agterstrate van Johannesburg is.

20170916_27 PoloOns net net daar besluit om nooit weer Tripadvisor of Booking.com se voorstel van ʼn plek goedsmoeds te aanvaar nie. Die hotel het EUR 150 vir die nag gekos… dit het nie ontbyt ingesluit nie. Teen die heersende wisselkoers van die dag was dit sowat R2475.

Daardie middag vertel Christine Polke, ons Stilbaai vriendin wat in Humburg bly, vir ons dat ons ʼn baie beter hotel vir baie minder kon kry!

Ons staan voor die hotel op die sypaadjie waar die onvriendelike taxibestuurder, wat nie ʼn woord Engels kan praat nie, ons afgelaai het. Ons staar al twee woordeloos na die trappe wat na die voordeur toe lei. Ons kan sien dat net binne die hotel nog trappe vir ons terug staar en ons bid al twee heimlik dat daar iewers binne die “dump” ʼn hysbak moet wees. Daar is nie ʼn portier in sig nie en ek moet hand bagasie en die tasse hanteer.

Jan bly by die bagasie staan en ek gaan vra by ontvangs vir hulp met die tasse. Die meisie agter die ontvangstoonbank se reaksie op my versoek om hulp was net ʼn onvriendelike “It’s not my job.”. Die gevolg was dat ek toe maar die tasse die trappe opgesleep het. Ek het soos ʼn mier aan ʼn sprinkaan aan die tasse getrek om die trappe op te kom.

Gelukkig was daar darem ʼn hysbak wat ons kon gebruik om by die kamer, op die vierde vloer, uit te kom.

Dit sal dalk nou ʼn goeie tyd wees om te verduidelik waaruit ons bagasie bestaan het:

Twee rugsakke Jan het vir omtrent twee maande lank, elke aand, die moets en moenies van ʼn oorsee bootreis gegoogle. Die “kenners” se raad was dat ons goeie selfone saamneem met ekstra ruimte om baie fotos te neem. Die voordeel van ʼn selfoon met ʼn goeie kamera is dat jy nie nodig het om ʼn kamera ook saam te karwei nie. Noodsaaklikhede saam met die selfone is addisionele SD vir meer stoorruimte, ʼn goeie “power bank” (wat ontrent soveel as ʼn laptop weeg) om die selfone te laai indien jy nie elektrisiteit beskikbaar het nie. Plastiek waterbottels vir water terwyl jy op ʼn uitstappie (ons noem dit verderaan “excursion”) is. Met die excursions moet jy ook, volgens die “kenners”, ziplock sakkies vir eetgoed, ekstra sneesdoekies, chargers vir die selfone, muurproppe wat op die Europese elektriese stelsel pas en nog vele waarvan ek nie alles kan onthou nie. Dit was ook waarin ons ons paspoorte en reisdokumente gehou het. Om al hierdie voorstelle te akkommodeer moes ons elkeen ʼn rugsak hê.
ʼn Ekstra handbagasie sak Hierdie sak het darem net tot in Johannesburg saamgegaan, Daarin was die kleinkinders se geskenke en lekkergoed en ons nagklere en die klere wat ons op die vliegtuig Hamburg toe gaan aanhê.
Een groot tas Ons klere en benodighede.
Nog ʼn groot tas Benitha se twee kwilte wat ek vir haar gemaak het, ses pakkies Chip Niks, twee groot Pepermint Crisp sjokolade, Wilson toffies, Ruscalls, Fizzers, van haar andergoed wat nog by die huis is en wat sy in Ierland nodig het. En dan nog so hier en daar ietsie waarvoor ons nie ander plek het nie, nie dringend gaan nodig hê nie en tog graag wil saamneem.

Die kamer was skoon maar het al beter dae gesien. Veral die matras het duidelik ʼn paar stories te vertel.

In die kamer wou Jan vir Christine bel maar sy foon wou nie werk nie “not registered on the Network”. Hy bel haar toemaar op my foon want die hotel se foon het ook nie gewerk nie.. (Later het hy Vodacom in Suid Afrika gebel om sy foon probleem uit te sorteer.)

Ons het gestort en onder, in die hotel se eetsaal, vir Christine gaan wag. Daar was geen banke of stoele in die ontvangs area nie en die eetsaal was al plek waar ons sitplek kon kry.

Gelukkig het ons nie lank vir Christine gewag het nie. Ons stap een en ʼn half straatblok tot by die trein stasie waar ons die hop-on/hop-off kry waarmee ons deur Hamburg ry. Dit was reeds laat en daar was nie tyd om af te klim en plekke te besoek nie. Gelukkig het ons ʼn ongelooflike goeie toergids op die bus gehad. Hy Duits oor die luidspreker gepraat maar ons gevra om naby hom te sit vanwaar hy al sy kommentaar in Engels aan ons vertaal het. Met Christine se aanvullings kry ons in ongeveer twee ure ʼn detail oorsig van Hamburg hoewel ons die stad slegs deur die bus se venster gesien het.

Interessante geboue in Hamburg: Kloksgewys is- Apple se Duitsland-kantoor, Rathaus City Hall, een van die baie $$$ huise langs die meer, Philharmonic Hall, uitsig oor die Binnenalter.

Na ons toer met die bus deur die stad gegaan het eet besonderse lekker roomys by ʼn Italiaanse -roomys plek.

Die Eiscafe Il-Gelato20170917_01 (2)

Die herinnering van baie loop in Europa, wat ons tydens ons vorige besoek aan Ierland ondervind het, word weer in ons geheues verfris. Christene het net ʼn twee sitplek sportmotor, dus was loop die enigste opsie na die bus ons afgelaai het,.

Na die roomysetery neem Christine ons na Siegfried se woonstel toe waar ons gou ʼn glasie wyn gedrink het. Dit was interessant om te sien hoe leef ʼn professor wat al agt en twintig gepubliseerde akademiese boeke agter die rug het. Die woonstel is eintlik ʼn regte manne woonstel. Baie min is gedoen om as dekor te dien, Alles funksioneel. Die kleinerige lessenaar staan in die een hoek waar hy ʼn uitsig oor die straat kan hê. Die mure is vol boekrakke met boeke waarvan die meeste akademiese boeke is. Die paar skilderye/portrette en dekor is duidelik vir herinnering en nie versiering nie.

Na die wyntjie val ons weer in die pad, restaurant toe. Hulle gunsteling restaurant, die Brodersen, is verder die straat af.

Volgens Christine “just around the corner” maar dit voel vir enige Suid Afrikaner, wat vir enige afstand verder as honderd meter ʼn kar gebruik, asof dit tien kilometer is.

Die restaurant is in ʼn huis en dit het ook ʼn huislike atmosfeer. Die personeel is baie vriendelik.

Die Brodersen Restaurant20170916 Restaurant-Brodersen

Om die Duitse tradisie te toets drink Jan ʼn bier. Die bier wat Christine aanbeveel is van ʼn lokale brouery, Jever. Jan geniet die bier baie en drink sommer nog een. Ek vat ook ʼn slukkie en, ten spyte daarvan dat ek nie ʼn bierdrinker is nie, moet ek erken dat die regtig lekker is.

Ek en Christine eet elkeen ʼn “Shille Büsumer Art”. Dit is ʼn vis, eie aan Hamburg, wat saam met gesnipperde spek in botter gaargemaak word.20170916_Scholle Busumer

Jan eet ʼn Rinderraoulade:

20170916 Rinderroulade

Daarmee saam ʼn nagereg van bessies en room, ʼn bottel bekostigbare, amper ondrinkbare wyn en drie glase water (Siegfried was by ʼn Opera en het eers later by ons aangesluit. Hy het nie geëet nie). Die spulletjie kos ons toe ʼn skokkende R1750 sonder die fooitjie. Ons het net daar besluit dat as ons nie ophou om die wisselkoers op ons aankope te bereken nie, ons maar netsowel huis toe kan gaan.

By die Brodersen saam met Christine en Siegfried:

20170916_11

Die volgende oggend gaan ons weer trein stasie toe. Ons het die vorige dag gesien daar is heelwat restaurante en Jan wou regte, egte Duitse wors vir ontbyt hê. Dit is hier waar ons besluit het dat die ongeskikte taxibestuurder en vrou wat ons die vorige dag by die hotel se ontvangs teëgekom het, is geen uitsondering vir Hamburg is nie.

Die eerste restaurant, waar daar baie groot German Wurst geadverteer word, vra Jan die persoon agter die toonbank watter van die verskillende wors, wat daar ten toon gestel word, is die beste Duitse wors? Met ʼn “No” draai die man om en stap weg.

Ons besluit toe om maar verder tussen die restaurante te soek vir ontbyt. By die meeste verkoop hulle net gewone toebroodjies soos ons dit hier in Suid-Afrika ken. Ons besluit toe maar, by die een plek waar daar minstens sitplek is, om ʼn kaas en salami broodjie te eet. Later sou ons besef dat gewone kouevleis en kaas broodjies oral in Europa by die meeste klein restaurante en eet-stalletjies aangebied word. Geen besonderse lokale smaak nie… tipies soos ons dit hier in SA ken,

Die plek se naam is Hauptbahnhof Kamps Backerei – in ag genome dat ons al die hele stasie, wat baie groot is, vol geloop het en Jan nie kans sien vir nog loop nie gaan staan ons by die toonbank (geen tafelbediening nie) en bid vir hulp.

20170916_Kamps Bakerei

As jy nog getwyfel het of die mense in Hamburg ongeskik is, is hierdie ou by die restaurant/bakkery die uiterste! Met omtrent niemand voor die toonbank nie blaf hy soos ʼn wafferse samjoor vir ons om agter in die ry te gaan staan. Ons skrik ons dood en soek vervaard na die ry. Ten einde laaste gaan staan ons weer waar ons oorspronklik gestaan het en hy help ons asof hy ons die eerste keer sien.

Ons het so stilweg vir mekaar gesê dit is amper met dankbaarheid dat ons besef dit is ons tweede en laaste dag in Hamburg.

Om ons verkeerd te bewys kry ons later die oggend ʼn oulike taxi bestuurder wat ons na die skip toe neem. ʼn Gebore Hamburg man. Op pad skip toe tree hy sommer op as toergids en is baie behulpsaam met die tasse.

4 thoughts on “16 September 2017 – Hamburg-Duitsland

  1. Wat ons baie gou geleer het in Duitsland: praat eers met die mense Afrikaans. Hulle verstaan jou nie en wil dan weet waar jy vandaan kom, en as hulle eers weet jy kom nie van Engeland af nie is hulle sommer dadelik baie vriendelik. Hulle verpes die Engelse en daarom behandel hulle jou so sleg as jy van meet af aan met hulle Engels praat!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s