Maalvleis/Dorito-gereg

Aftrede is nie net daardie geestelike en aktiwiteit verandering waarby ʼn mens moet aanpas nie. Dit is ʼn totale lewenswyse aanpassing.

Een van die aanpassings is ons kos voorbereiding.

Ons het, oor die afgelope twee en ʼn half jaar, uit die aard van ons bedrywige lewenswyse as pensionarisse, begin om ons kos voorbereidings beplanning beter te doen. Sekere goed word ingemaak en ander word berei vir vries. Ongelukkig raak ʼn mens so ʼn die tradisionele voorbereiding groef dat jy vergeet van die lekker resepte wat jy sommige aande na werk vinnig uitgedink of aangepas het.

Ons het gister ʼn resep op facebook raakgeloop wat ons gou aangepas het om by die Suid Afrikaans omstandighede en die beskikbare bestanddele in ons koskas aan te pas.

Maalvleis/Dorito-gereg:

20170824_191618

Bestanddele:

500 gr Maalvleis

150 gr Simba Dorito chips (kaas geur) – gebreek

215 gr Koo Baked Beans in tamatiesous (klein blikkie)

215 gr Koo Chakalaka Mild & Spicy (klein blikkie)

klein ui (gesnipper)

braaivleis speserye

olie om in te braai

Gerasperde cheddar kaas

Water soos nodig

Metode:

Braai die uie tot deurskynend

Braai nou die maalvleis (voeg die braaivleis speserye by die maalvleis maar wees versigtig vir te veel sout. Onthou die chips is ook souterig)

Wanneer die maalvleis lekker bruin is gooi die baked beans en chakalaka by. Meng goed en kook nog so paar minute sodat die geure goed kan meng. Gooi water by as die mengsel te dik lyk.

Skep dit nou soos volg in ʼn oondvaste bak.

ʼn laag maalvleis

ʼn laag Dotitos

ʼn laag kaas

die boonste laag moet kaas wees.

(Ons het eintlik gedink ons sal volgende keer net een laag van elk maak)

Bak in ʼn oond wat vooraf tot 180° verhit is tot die kaas goed gesmelt het.

2 thoughts on “Maalvleis/Dorito-gereg

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s