Die Rooster

Van laerskooldae is my lewe gerig en bestuur deur ʼn rooster. Dit is asof ek my standerd drie onderwyseres, Mevrou van der Westhuyzen, se stem nog kan hoor: “Boek by die huis vergeet is nie ʼn verskoning nie! Jy het mos ʼn rooster!” en dan die daaropvolgende houtliniaal-houe op die uitgestreke plathand.

Ek het heimlik gevoel ʼn skoolrooster is uitgevind om kinders te straf.

Op hoërskool het ek die noodsaaklikheid van ʼn rooster begin waardeer.

ʼn Tipiese rooster:

rooster

 

In die korporatiewe-wêreld beheer die dagboek jou lewe. Ek het nou nog iewers ʼn stokou dagboek wat vertel van vergaderings en spertye. Vervaldatums en, veral, vakansiebeplanning.

Dagboek 2.jpg

Nooit sou ek kon droom dat ek ʼn dagboek sal hou as ek aftree nie.

Ek het dinge te deurmekaar gedoen en wanneer ek teen die einde van die week terugkyk, het dit gevoel of ek my tyd gemors het. Die enigste wat ek nie as tydmors beskou nie is daardie noodsaaklike middagslapie.

My dae is nou georden… van vandag af. Ek sal moet kyk of ek by my rooster kan hou.

Vrydae is “BLOGDAG”

 

Advertisements

4 thoughts on “Die Rooster

  1. En vandag waardeer ons in ouderdom gevordes daardie liniaal op die plathand of soos in my geval die rottang op die boude drie van die bestes. Geen wonder die universiteite is in ‘n kolosale gemors nie, disipliene word vandag gesien as ‘n skending van mense regte, siestog.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s