Wildspastei

Buurman Izak (sy vakansiehuis is hier langs ons) wat “naby” Jacobsdal boer, skrik hom boeglam toe ‘n springbok voor hom uit ‘n bos spring. Van skone skrik trek hy “perongeluk” ‘n skoot af en daar lê die bok. Ons is toevallig die volgende dag in die omgewing en toe gee hy die bok sommer vir ons. Ek dink dit is om sy gewete te sus omdat hy die onskuldige ou bokkie geskiet het. Sien Izak is eintlik ʼn baie diep mens.

Omdat ons, vroutjie-doutjie en ek, vleiswerk-onkapabel is, sny Izak en sy seun Piet sommer vir ons die biltonge en die kookvleis. Die biltong is al droog en halfpad verorber maar die kookvleis groet ons daagliks uit die vrieskas. Ons besluit toe om, onder andere, wildspastei te maak en te vries.

Ons die resepteboekrak kry ons toe ʼn boek van Dine van Zyl – “Boerekos Tradisionele Suid-Afrikaanse Resepte”. Die boek het ʼn wildsvleis resep wat lyk of dit gaan werk.

Nou eers oor die skryfster – Dine van Zyl: Ek dink ons het omtrent al haar boeke. Sy is ons my gunsteling kos skrywer en SY KOOK. As sy dalk nou persongeluk die ou bloggie raaklees wil ek haar vra “Dine, indien jy weet van ʼn beter resep in een van jou ander boeke, laat weet asseblief?”

Meer oor die boek: “Boerekos Tradisionele Suid-Afrikaanse Resepte” is die eerste Dine van Zyl boek in ons versameling. Ek het die boek jare gelede by vriend Michael gekry. Dit was pas nadat Michael getroud is. Mevrou Michael II se eks-man was ʼn jagter (van diere, neem ek aan) en die boek het aan hom behoort. Michael wou, na sy huwelik, niks van jagters in sy huis hê nie en hy gee die boek toe vir my. Nou ja, die een se dood in die ander se brood.

More maak ons die eerste kooksel vir wildpastei. Ons dink om by twee pasteie te begin.

Vervolg:

Hier is die eerste kooksel – in ‘n platboom soos Dina aanbeveel:

Wildsvleis Apr 16

Die pasteie is gemaak. Die vleis was baie (en daar is nog baie in die vrieskas oor). Ons het toe maat beluit op kleintjies (kolvyntjie grote) en bietjie groteres (genoeg vir twee mense):

Pasteie Apr 16 - 2

 

Advertisements

4 thoughts on “Wildspastei

  1. Hi Jan,
    Onthou jy many moons ago (uit die vorige eeu) het Caltex ‘n kalender gedruk op bruin papier met eg Suid Afrikaanse resepte daarop? Ek maak dit by Die Stoep en kry baie positiewe terugvoer. Hier volg hy:
    WILDSPASTEI
    2.5 kg wildsvleis met bene ) Plaas in kastrol en bedek met water (ek gooi so ‘n knertsie bief
    250g varkspek in blokkies gesny) ekstrak in die water)

    5 ml koljander ) Bind vas in ‘n kaasdoek lappie en kook saam met vleis en spek
    6 heel naeltjies ) vir 2 ure
    10 heel peperkorrels ) Ek sit ‘n paar Juniper Berries (Jenewer bessies) ook by

    62 ml Asyn )
    ‘n knypie neutmuskaat ) Voeg by vleis en stowe tot die vleis loskom van die bene
    2ml gerasperde suurlemoen skil )
    Sout & Peper )

    Verwyder bene en kruiesakkie
    Voeg 125 ml Wit of Rooiwyn by en kook deur (Orige 625 ml – VAT SO KEEL!)
    Voeg 125 ml Suurroom by en verdik met maizena indien nodig
    Skep in pastei skottel

    KORS (Ek gebruik sommer gekoopte skilferkors deeg)
    500ml koekmeel )
    500ml gerasperde kaas ) Meng saam
    10 ml bakpoeier )
    1 groot eier ) Klits saam en sny in meelmengsel
    25 ml olie )
    Hoenderaftreksel of melk – genoeg om ‘n slap deeg te vorm
    Skep met ‘n lepel oor die pastei
    Bak by 200 grade C tot goudbruin.

    Stoep Groete!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s