MENSE – Spesiaal vs. Gewoon

Spesiaal

“Laat ek my aan jou voorstel.” Hy steek sy hand van vyf treë weg af uit en kom op ʼn drafstappie nader “ek is Frikkie.”

Hy vra nie wie ek is of waar kom ek vandaan nie. Hy weet ons is nuwe intrekkers. Die hele dorp weet want, in diè dorp, gebeur nie veel wat nie algemene gemeenskap-kennis is nie.

“Vra jy nie eers wat ek doen nie?” gaan Frikkie aan sonder dat hy my kans gee om te vra. “Ek is jou ouderling. Ek is ook voorsitter van die Gemeenskap-diensteraad en die Sede Bewakers Vereniging. Ek is ook op die komitee van die Teen-Plattelandse-Tollraad en die SexmustFall Vereniging.”

“Is jy ʼn pensionaris Frikkie?” probeer ek gou ʼn hou inkry. Dit is ʼn maklike een. Die meeste van die inwoners is pensionarisse en as ek nie heeltemal reg is nie, moet die baie naby wees.

“Ja ek is al sowat tien jaar al op pensioen.” Antwoord Frikkie met ʼn kyk wat sê ‘wat ʼn stupid vraag?’ “Ek was betrokke by die Universiteit van Namakwe (sic.).”

Tot vandag toe kon ek nie aan duidelik uitvind wat Frikkie by die “Universiteit van Namakwe” gedoen het nie. Was hy ʼn doktor of professor of was hy dalk ʼn professionele student of die faktotum?

Ek het besluit as ek weer met Frikkie praat, en hy gee my ʼn kans, gaan ek hom sommer reguit vra. Ek het nou al twee keer weer met Frikkie gepraat… of liewer, Frikkie het met my gepraat. Ek het nie kans gekry om te vra nie. Al wat ek weet, Frikkie is tot nog twee komitees verkies.

Gewoon

Woensdagaand. Ons het hard gewerk vandag. Soos dit aktiewe pensionarisse betaam. Vroutjie-doutjie was heeldag besig met kwiltwerk en ek het geskryf en koerant gelees. O ja! Ons het ge”middagslapie” (vereiste vir ʼn professionele pensionaris). Die gevolg is dat ons teen Woensdagaand te uitgeput was om nog aandete voor te berei.

Vroutjie-doutjie stel voor ons gaan eet vis by Die Skuitjie.

Daar gekom is die plek stampvol. Gelukkig vertrek ʼn paartjie, wat op ons gunsteling plek sit en daar sit ons.

Skaars gesit, kom daar ʼn paartjie en die vrou vra met ʼn swaar Duitse aksent of hulle die tafel met ons kan deel. Ons maak, tipies Suid Afrikaners, onmiddellik vriende.

Ons gesels ure met die aangename, doodgewone mense. Weereens verbaas hulle belangstelling in Suid Afrika.

Na ons die rekening gevra het vertel ek die Duitser, voor op die wa, dat hy homself baie gelukkig moet ag met die wisselkoers en dat hulle nou baie kan spandeer met hulle vakansie.

“We are not on holiday, we just passed through here because I on my way to Cape Town for work” antwoord die Duitser.

“What work do you do?” nuuskierige ek.

“I am a Professor in journalism. I am a guest lecturer at one of your universties.”

Ek vind toe later uit, na ek sy naam ge-google het, dat hy een van die bekendste joernalistiek kenners in die wêreld is en al meer as twintig boeke gepubliseer het.

Hy is net nie so belangrik as Frikkie nie!

Advertisements

8 thoughts on “MENSE – Spesiaal vs. Gewoon

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s