Nuwejaarvoornemens

Iewers moet ek met my Nuwejaarvoornemens, of liewers, die ‘res van my lewe’ voornemens begin. Toe besluit ek op ‘n joernaal… aanlyn, ongepubliseer. Hoewel ek my voorgeneem het dat daar nie meer as vyf voornemens moet wees nie, het ek toe met agt geëindig. Ek het ook besluit dat die voornemens nie staties, maar eerder dinamies moet wees. Ek wil hierdie joernaal hou om my te herinner om by die voornemens te bly.

Hier is van hulle (die minder privaat voornemens):

Voornemens

  1. Ignoreer en vermy mense wat my irriteer, probeer om my te verneder, of dink hulle is beter as ek.
  2. Vertel vir mense, wat my belangrik is en my verstaan, hoe ek voel en wys hulle dat hulle mening vir my belangrik is.
  3. Wees meer openlik en vriendelik met vreemde mense.
  4. Lees elke dag minstens een hoofstuk of storie.
  5. Spandeer meer tyd aan dinge wat vir myself belangrik is.
  6. XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX.
  7. Skryf elke dag minstens 1000 woorde
  8. Probeer elke dag iets in die joernaal skryf.

Wat is die kans???

Omdat my blog vriende se menings belangrik is wil ek graag die volgende vrae vra:

  1. Wie het Vlam in die Sneeu gelees.
  2. Gee ‘n kort mening oor wat jy van elk, Jonker en Brink, se karakters soos uit die boek waargeneem dink, wat is jou mening?

Ek kan nie wag vir die antwoorde nie!

 

Advertisements

19 thoughts on “Nuwejaarvoornemens

  1. Mmmm. Ek het nog nie eens my voornemens bymekaargeskraap nie, maar ek dink jou nommer 1 sal nie vir my werk nie. Die res is beslis haalbaar. Alle sukses! Ek het net uittreksels uit die boek gelees – my kennis van die Afrikaanse letterkunde en skrywers is so skraps, dis eintlik skandalig, maar nouja, tenminste is ek eerlik.

    Liked by 1 person

  2. Besig om Vlam in die Sneeu te lees. Stadig te lees. So een brief op n dag. Nog te vroeg vir n opinie. Lekker om te lees hoe twee letterkunde reuse sou skryf as dit nie vir publikasie bedoel was nie. Ek lees dit hoofsaaklik om die skryfstyl te “bestudeer”. Ek hou nie van Brink se politiek of opinies nie maar daar is min skrywers wat kon beskryf soos hy. Veral sy reis joernale kan ek oor en oor lees.

    Liked by 1 person

    1. Ek sukkel bietjie om Brink se motiewe mbt. die briefwisseling met Jonker te verstaan. (in te sien). Verw. die voorwoord van die boek..Hoekom het hy al sy briewe op deurslag papier geskryf? ens. ens.
      Sy was baie weerbaar/kwesbaar (soek die regte woord?) in daardie tyd.

      Liked by 1 person

      1. Stem 100% met jou saam. Ek dink hierdie briewe en Brink se houding teenoor sy vrou en haar familie is toonbeeld van selfsugtigheid. Hulle het ’n bab gehad op daardie stadium. Ek het Brink se boek, die Ambassadeur (waarna daar baie verwys word in die briewe) so ’n jaar of wat terug gelees. Daar is een vraag wat voortdurend by my opkom as ek die briewe lees: Hoeveel van die Nicolette karakter in die Ambassadeur was gebaseer op Jonker veral in die lig daarvan dat hy kon verander aan die manuskrip terwyl hulle die “briewe wisseling” gehad het. Wie was eerste Nicolette of Jonker? In Die Ambassadeur word ’n middeljarige man ook verly (verly sy hom of hý haar?) deur ’n jong vrou wat in fisiese beskrywing in die boek en Brink se beskrywing van haar (Jonker) in die briewe, so te sê haar tweelingsuster kon wees. Die “affair” word dan ook (teen my eie Calvinistiese beginsels in) gekamoefleer met die morsige liberalisme-medalje wat om die sestigers se nekke gehang word. Dit was die “in-ding” om sulke dinge te doen en te spog daaroor. Jonker mog miskien kwesbaar wees in hierdie tyd van haar lewe maar sy was nie te dom om te weet wat sy doen nie. Heng, sy was twee jaar ouer as hy en self al deur ’n egskeiding. Sy móés tog ook van beter weet.

        Liked by 1 person

  3. Nuwejaarvoornemens? Sug – ja. dis ‘n ander een daai.

    Jou nr 1 is moeilik vir my – sommige mense is permanent in mens se lewe.
    Nr 2 – Ek hou van die gevoelens wat jy wil wys – liefde is altyd ‘n wenner.
    Nr 3 – Ja! Ek like.
    Nr 4 – Ek hou nogal daarvan om verskillende bloginsette te lees. Interessant en genoeg wat.
    Nr 5 – Hierdie is baie nodig.
    Jou Nr 6 kommer my?
    Nr 7 – OK
    Nr 8 – Goeie voorneme.

    Jammer, het nie tyd om baie boeke te lees nie, maar sou graag sy karakters WOU ondersoek het.
    Lekker blog, skryf en lees …

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s