Leesfees – Prince Albert – 2015

Ek is altyd huiwerig om iemand, skrywer, akteur of akademikus, wie se werk ek waardeer en wie ek respekteer, te ontmoet. Dit is nou persoonlik te ontmoet of om een of ander geleentheid by te woon waar so ʼn persoon ʼn spreker is. My vrees is dat die persoon my sal teleurstel en dat my indrukke van die persoon, en sy/haar werk, daaronder gaan lei.

So kom dit by die Prince Albert Leesfees. Ek het kaartjies deur die internet gekoop en met opgewondenheid uitgesien na die geleentheid. Die aanbieder was Daniel Hugo en sy vrou. Wie ken nie vir Daniel met die radio stem nie?

Daar het verskeie bekendes opgetree soos Susan Coetzer. Ek het haar vir die eerste keer in lewende lywe gesien toe ek saam met kolegas by die Blou Hond gaan eet het. Sy is een van my gunstelinge. Ongelukkig kon ek nie die onderhoud met haar bywoon nie. Dine van Zyl, die lekker kosboeke vrou, wat iewers in elke Afrikaanse huis op ʼn boekrak sit was ook daar. Dan natuurlik Dana Snyman.

Hoe nader dit aan die geleentheid gekom het, hoe meer het my opgewondenheid getaan. My vrees vir teleurstelling het amper daartoe gelei dat ek nie gegaan het nie. As dit nie vir vroutjie-doutjie was wat aangedring het nie, het ek sowaar tuis gebly.

Die ou wat ek bang was sou my teleur stel was niemand minder as Dana nie. Hy is my lekker lees, ontspantyd, skrywer. Ek het baie respek vir sy skryfstyl. Die gemaklike manier waarop hy ʼn doodgewone waarneming kan verander in ʼn skildery met emosie. Die skrywer van die “ideale geskenk” boeke waarmee elke Afrikaanse leser kan vereenselwig en geniet!

Nou ja, ek was hierdie keer nie teleur gestel nie.

Die verhoog geselsies was interessant en insiggewend. Onder andere, oor Self Publisering, gelei deur Daniel Hugo. Die paneel was ʼn produksie bestuurder van ʼn uitgewery, ʼn vryskut produksie bestuurder, die gepubliseerde skrywer en oud produksie persoon en… Dine van Zyl.

Dine van Zyl was, by hierdie onderhoud, die enigste een wat my bekommer het. Hoewel haar boeke gewild is en sy die laaste paar self gepubliseer het, klink die “kosboeke” vroutjie in hierdie gelese geselsskap so bietjie “uit”. Maar helaas! Ek was verkeerd! Dine van Zyl was die ster van die onderhoud. Sy was sprankelend, gemaklik en haar humor was uit die boonste rakke. Ongelukkig moet ek vir ander paneellede sê: “Dine van Zyl het julle “lime light” gesteel!

Paneel bespreking oor Self Publikasie
Paneel bespreking oor Self Publikasie (Dine van Zyl met groen baadjie)

Die ander verhoog geselsie was met my gunsteling rubriek en reisverhaal/essay skrywer, Dana Snyman. Dana was briljant! Soos sy boeke was die onderhoud met hom gemaklik, eenvoudig, humoristies en tog met daardie blatante eerlikheid. Dana het soos Dine van Zyl uitgestaan in die geselskap van die onderhoudvoerders. Die uur, wat toegelaat is vir die geselsie, was veels te min.

Onderhoud met Dana Snyman
Onderhoud met Dana Snyman

Dankie Dine en Dana. Julle het dit die moeite werd gemaak om van Stilbaai af, die berge en dale na Prince Albert aan te durf.

Advertisements

4 thoughts on “Leesfees – Prince Albert – 2015

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s