Troetel Naampies

Nie dat ek al ooit belas was met ʼn troetel naampie nie (gelukkig is ek ʼn man en nie ʼn aantreklike dame nie). Troetel naampies pla my eerder omdat ek min of geen eerbaarheid daarin bespeur nie.

My pa het my ma “Sweatheart” genoem. My lewe lank het ek nie eenmaal gehoor dat hy haar anders aanspreek nie. Ek kon egter nooit enige toegeneentheid of buitengewone liefdevolheid in die aanspreekvorm herroep nie. Die was eerder soos in ʼn naam, genoem uit gewoonte. Dit het my ook nie gepla nie en dit pla ook nie as ʼn man sy vrou ʼn troetel naampie noem in die normale omgang van die lewe nie. Met of sonder gevoel. Dit dui vir my op die hegtheid van die verhouding.

Wat my wel pla is dat ʼn troetelnaampie soveel keer met duidelike bybedoelings gebruik word. ʼn Agterbakse manier om te flankeer. Wat my dan die vervieste in maak is wanneer die persoon wat aangespreek word nie die bedoeling raaksien nie of so betower is met die onderduimse gewer dat sy nie die bedoeling wil raaksien nie!

ʼn Troetelnaampie deur ʼn man, wat geen direkte verbintenis met ʼn vrou het, of slegs deur familie vriendskap geheg is, het net een doel voor oë – en as jy nie kan aflei wat dit is nie… nou ja!

Dit is amper iets soos ʼn sagmaak proses. ʼn Manier om haar guns te wen. ʼn Onderduimse manier om indirek by haar tuis te bring dat daar ʼn spesiale band tussen hulle is. Terselfdertyd is dit ʼn subtiele manier om haar te laat voel sy is die mindere, die afhanklike, die een wat behoeftig is aan die guns van die “troetel naampie” gewer.

Wat vir my interessant is, is die manier waarop die “troetel naampie” gewer gewoonlik na die ontvanger kyk. Kompleet soos ʼn roofdier na sy prooi kyk. Oë sulke skrefies getrek en ʼn onheilspellende glimlag, of is dit nou “lustige” glimlag.

Die troetel naampie is dan gewoonlik, as jy dit nou krities moet ontleed, wat die ontvanger meestal nie doen nie, vernederend en of verkleinend. “Poppie”, “Meisiekind”, “Bokkie”, “Ou Nooi” ens.

Ai  Mevrou, probeer tog asseblief net sê: “Meneer (of vriend) my naam is Sannie (of wat ook al jou naam is).”

Koue water op so ʼn flankeerder se gemoed is wanneer hy, so saam met die troetel naampie, komplimenteer op voor-die-handligende goeie hoedanighede, en sy dan vra: “Meneer, komplimenteer jy jou vrou ook so?”

Advertisements

10 thoughts on “Troetel Naampies

  1. Ek verpes orige mans. En orige vrouens.

    Troetelname is nou interessant. My man noem my Liewe Heksie, Drakie of BattleAxe. Ek noem hom Maximanus (want hy doen mos alles in die oortreffende trap) of Herklaas (want hy hou hom sterk). Maar dis sommer net ‘n spottery – gewoonlik gebruik ons albei die ander een se voornaam.

    Like

  2. Mmm – ja, ek dink mens moet maar eers die ‘bedoeling’ duidelik onderskei agter liefie-naampies.
    Soms is dit ook sommer die mag van die gewoonte, maar sal ek niks daarvan hou as iemand my man sy liefie noem nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s