Die Inbreker

(In response op Perdebytie se blog inskrywing)

Ons is ook al deur die meul van “afirmative shopping”. Om die waarheid te sê, sewe keer sedert 2001. Waarvan ons drie keer in die huis was.  Gelukkig is ons nooit fisies geraak nie.

Slegs een keer kon die polisie een persoon arresteer. Ons, vroutjie-doutjie en ek,  het met ons mooiste kleertjies by die hof opgedaag om ons eerste geleentheid as hoofgetuies op te neem. (Ons moes eers bietjie rondvra oor hoe en wat mens by ‘n hof doen) Net om te verneem die knaap het onmiddellik skuld erken en was heeltemal geneë om, vir sy ongenooide besoek aan ons huis,  ‘n paar maande (of dae) in die staats-gastehuis op my koste (belasting) deur te bring.

Net om ons te laat voel ons besoek was nie heeltemal onnodig nie, het ‘n polisieman ons meegedeel dat ons onsself eintlik baie gelukkig moet ag want tydens die arrestasie het die man ‘n vuurwapen by hom gehad. O ja, voor ek vergeet, hy is gearresteer terwyl hy probeer geld trek het met voutjie-doutjie se krediet kaart.

Ek het, so het die besoeke saam, gewonder wat noop ‘n mens om so desperaat (of arrogant) te wees om by mense se huis in te breek terwyl hulle tuis is? Hy behoort tog te weet, al is hyself gewapen, bestaan daar ‘n risiko dat die huisbewoner ook gewapen kan wees en dat hy sy eie lewe waag.

Die slotsom waartoe ek kom is dat, in die meeste gevalle, word dit gedoen uit desperaatheid. Hy voel hy het niks om te verloor nie want jy het niks. Hy besit niks en het nie eers genoeg om homself, of gesin, aan die lewe te hou nie. Indien hy met sy lewe daarvan afkom en hy word gevang, sal hy beter af wees as voor hy gevang is want minstens gaan hy vir ‘n tydperk kos en slaapplek hê.

Nou die negatiefste van alles: As ek realisties moet wees, wat ek eerder nie wil wees nie: Dit gaan net erger gaan!

Vroutjie-doutjie en ek het darem die lekker van Suid Afrika gehad en bly gelukkig nou, in die (vir nou nog) rustige, amper “crime free” Stilbaai. Ons doggie is in Ierland waar kinders nog met fietse in strate ry en mense laataand in Dublin se middestad rondstap. Wat ons egter beswaar is die kleinkinders (seuna se twee kinders) wat in Johannesburg grootword. Hulle weet nie hoe dit voel om buite die erf te stap nie en daar is sekuriteitswagte by hulle skool se hek! Wat gaan van hulle word as dinge hier net erger word?

Advertisements

7 thoughts on “Die Inbreker

  1. Ja (sug), ons bly maar in ‘n gevaarlike land. Dit moet nogal lekker wees om snags jou deure te kon oophou sodat die koel wind die ergste hitte hier in die Limpopostreek snags kon afkoel …
    Maar ja, diefwering op, honde oop, deure toegegrendel – bedags en snags!

    Like

  2. Dis ongelooflik hoe min respek daardie boewe vir jou goed het. Een stadium het ek vriende se huis opgepas. Daar is ingebreek. Yskas is leeggemaak. Sommer op mat in sitkamer gesit en eet en drink. Vrieskas met vleis uitgepak en netso buite gelos om vrot te word! Vriende se tas gebruik om klere en allerhande goed in te pak. Die tas is later gekry maar verder niks nie. Hul het die veiligheidshek met n koevoet oopgebuig en onderdeur gekruip.
    Ek stem saam dat dit nie makliker of minder word nie, net erger veral nou weer na die einde van die jaar.

    Like

  3. Mmmm dit klink inderdaad BAIE ernstig. Sewe besoeke…defnitief ‘n Beskermde Hand oor jou gesin.

    Ai – so in my eie Moeder ook landuit na so ‘home invasion’ met hulle nog in die huis. Sy was in Panama vir jarelank, maar met osteoporose, is 2Mil in die Kaap sommer baie beter as ‘n opsie. In Amerika vrek jy voordat hulle aan jou ortopediese skroewe en ‘fusions’ vroetel RSA se medici is Amerika ligjare vooruit want almal in Amerika is te bang om te poep – anders word hulle hof toe gesleep. Hulle onderdruk hulle eie ouens se spontaniteit en kreatiwiteit.

    En so het ek ook ‘n doggie in Ierland: Dublin wat vrylik laat-aand kan huistoe stap. Sy wou om die dood nie in SA gaan swot nie. Na hierdie week se chaos met die studente – sit ek en oë omdop.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s