“Banting” Wie? Waarom? Vir wat?

Ek het nou vandag besin oor Banting. Bietjie eerlik met myself gewees… Of slaan ek die “Banting” mis?

1- Alle banting resepte is nie sleg nie. Inteendeel, sommige van die disse is baie lekker! Soos byvoorbeeld die baie vleis, neute, biltong ens. Maar die brood en ander goed met amandelmeel is nie vir my nie.
2-Verloor jy werklik gewig van die verhoogde vette, protiene ens of omdat jy minder stysel en suiker eet. Wat van jy volg jou normale eetgewoontes maar eet net minder stysel en suiker?
3- Ek is mal oor soetgoed maar het myself nou totaal gespeen daarvan. Die resepte vir soetighede wat ek sover uit Banting resepteboeke gekry het is nie, vir my, lekker nie. Wat is die doel om iets soets te eet maar dit nie te geniet nie?

Ek het myself al die normale lekker dinge vir weke ontneem… En nie regtig gewig veel verloor nie!

Wie het? Moet ek myself oortuig sleg is lekker en wat nie werk nie, werk?

2 thoughts on ““Banting” Wie? Waarom? Vir wat?

  1. Ek glo maar aan matigheid en wye verskeidenheid veral van die gesonde goed soos vars groente en vrugte. Nie dat ek dit altyd volg nie. Probeer ook maar minder stysel en suiker. Ek het in my lewe nog geen dieet suksesvol gevolg nie.

    Like

Lewer kommentaar