Ciabatta – net om bietjie terug te kom aarde toe!

Ek besluit toe vanoggend om vir ʼn verandering weer my hand aan die bakkers tuig te slaan.

 

Miskien hunker my liggaam net om weer iets normaals te doen in hierdie tyd van onsekerheid. Dit is die aftree ding, die vroeër pakket neem en die oorweging om af te beweeg kaap toe, as alles so inmekaarval en dit die Here se wil is. Dan die gedraai van die burokrasie om alles aan die gang te kry. Dit voel vir my soms of mense in ʼn raadsaal sit en ligtelik besluite neem wat ander se lewens drasties kan beïnvloed. Dan daar uitstap en dit met dit betrokkenis bespreek net om laat agterkom te daar is nog eers protokol wat nagekom moet word.

 

So al of “the show is more importand than the impact on your life”

 

Ek besluit toe om weer ʼn Ciabatta aan te pak, maar hierdie keer met die brood masjien!

 

Die koste was:

3 ½ koppe meel

1 ¼ koppe water

1 ½ tl sout

1tl suiker

1 ½ eetlepel olyf olie

2 tl droeë gis

 

Alles in die brood masjien met die nat goed eerste en ek laat hom toe die knieëry en die rysery doen. Ciabatta deeg is te klouerig vir my om daarmee te sukkel. Kyk dis nou nie dat ek nie van ʼn geklou hou nie! NEE ek is mal daaroor maar ek hou nie daarvan dat deeg aan my vingers klou nie!

 

Na die deeg klaar gemeng, geknie en gerys het en die masjien se alarm my onseremonieel meegedeel het dat hy nou sy werk gedoen het, haal ek die spul uit en sit die op ʼn houtbord wat met meel besprinkel is om so 15 minute te rus.

 

Ek deel toe die deug in twee en sit dit, sulke lange derms van +- 70 mm  en ongeveer 30 cm lank breed op twee bakplate (verkieslik in ʼn oond met ʼn thermo fan) met silikon velle wat ek ook met deeg besprinkel het. Die deeg lê ek toe op die bakplate op die warm stoep vir 45 minute om te rys.

 

Toe is dit oond toe teen 200 grade vir 25 minute. En dit werk toe

Brood-masjien Ciabatta
Brood-masjien Ciabatta
Advertisements

11 thoughts on “Ciabatta – net om bietjie terug te kom aarde toe!

    1. @lora2me – Daar wag vir jou baie plesier met die broodmasjien! Ek hou niks van knie nie en die masjien doen dit vir jou. Moet erken ek gebruik andersins die Kenwood om vir my te knie. So moet nie dink ek het onlangs self geknie nie! Met die swaar deel uit die pad kan jy toor met brood idees! Ek wonder nog of iemand al tuisgemaakte suurdeeg in die broodmasjien probeer het? Ek gebruik nog altyd die pakkie kits suurdeeg. Ek het al my eie suurdeeg gemaak maar dit nog nooit in die broodmasjien gebruik nie… miekien dit bietjie Google…

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s