Crocodile & Reptile farm & Fat Olive Restaurant

Ons het toe nooit my Hartebeespoort uitgekom nie. Ons was by die Crocodile & Reptile farm naby die Lion Park (Krugersdorp) (Sien fotos onder) en toe uit nuuskierigheid, gaan kyk hoe lyk die Fat Olive restaurant. 

In die middel van niks en nêrens en 10 voor twaalf was ons die tweede of derde klompie mense daar. Al die tafels was leeg, hoewel op almal “reserved” kaartjies was. Ons kon nie vestaan hoekom die vrou by die ontvangs deperaat rondgekyk het toe ons sê ons soek ‘n tafel vir drie nie!

Teen half een het ons wel haar desperaatheid verstaan! Die plek was volgepak!

Die kos is smaaklik vooeberei. Die steaks, sirloin en filet, word in 250gr porsies voorgesit met ‘n (ongelukkig) ‘n kleineige porsie camembert bo-op. Die hoender filet word met die been aan gaargemaak en toegerol on parma ham. Baie geurig en nie droog nie’ EN VARS GROENTE! Ek beveel die kapok aartappels eerder as die chips aan vir bykos. 

Vir nagereg was die Bread & Butter Pudding ‘n wenner!

Dan lang kuier met ‘n bottel Du Toitskloof Chadonay!

Hier is wat ons gesien het.

Ons moet die naweek van die 20ste Januarie vir Kanadese kolega bietjie rondneem. Sy wil graag die Leeu Park naby Krugersdorp besoek. Het enige iemand nog besienswaardighede in dieselfde omgewing aan te beveel? Laat weet asb!

13 thoughts on “Crocodile & Reptile farm & Fat Olive Restaurant

  1. Ek loer so onder die lessenaar in toe ek die slang sien…hier wemel dit MOS van die kapelle – urg!!Bly julle het die dag geniet – groetnis daaikant

    Like

  2. Hallo Roosmaryn is terug. Net ‘n wenk: Moet asseblief net nie dat die Kanadees by die Leeupark uitklim om naby foto’s van die Katjies te neem nie 🙂 xR

    Like

  3. Hallo Roosmaryn is terug. Net ‘n wenk: Moet asseblief net nie dat die Kanadees by die Leeupark uitklim om naby foto’s van die Katjies te neem nie 🙂 xR

    Like

Lewer kommentaar