Brood en Pizza

Kolega Wiebrand beveel aan dat ek ‘n brood moet probeer met Robertson se Italiaanse kruie en knoffel. Ons probeer dit toe gister en dit werk baie goed!

Ons het die gewone brood mengsel gemaak en met die knie sessie, twee eetlepels Italiaanse kruie en een eetlepel vars fyngekapte knoffel bygevoeg. (Ek kap so nou en dan twee groot knoffels fyn en bêre dit dan in ‘n bottel met olie in die yskas vir wanneer nodig.) Die brood is op die gewone manier gebak.

Omdat ons net twee is en ‘n groot brood by ons oud word, het ons die helfte van die deeg gebruik om n pizza te maak. Die kruie en knoffel kombinasie is perfek vir ‘n pizza.

Pizza: Die deeg dun uitgerol. ‘n tamatie basis met gerookte ham stukkies, sampioene, soetrissie en mozzarella/gouda gerasrper bo-op. (Ek het my nuwe “baking stone” gebruik om op te bak)

Vandag toer ons saam met sus Louise deur die Magalies/Hatrebeespoort wêreld – “watch this space!”

13 thoughts on “Brood en Pizza

  1. Ek kan jou ‘n lekker tip gee vir die knoffel: Gebruik John West knoffel wat jy in botteltjies op die rak kry. Gewoonlik daar waar al die souse aangehou word op die rakke. Dis heerlik in brode en enige ander gereg. Dit het net daai ietsie ekstra in… so suurlemoen’geitjie wat baie pikant is. Die brood lyk uitdagend goed!

    Like

  2. Gebruik jou gewone brooddeeg resep. Ons gebruik Eureka meulens se meel. Jy kan op hulle website kyk waar dit beskikbsar is. Anders sal ek koekmeel gebruik maar die algemene broodmeel wat in die supermarkte is nie. As jy n broodmasjien het, gebruik die masjien se resep maar laat die masjien net meng en knie. Bak self in die oond. Die oond moet baie warm wees vir die eerste 5 minute daarna 180 grade.

    Like

Lewer kommentaar