Prawns by Food Lovers Market

Geseënde Kersfees!

Gisteraand het vroutjie-doutjie en ek prawns geëet om ou Kersaand te vier.

Tiger-prawns wat ek by Greenstone se Food Lovers Market gekoop het.

Ek het hulle vroeg Vrydag gebel en gevra of hulle skoongemaakte prawns het? (ek haat dit om prawns skoon te maak.) Die meisie het gesê ek moet aanhou sy sit deur my na Mr. Carlton by die “deli”. Mr. Carlton het nie skoongemaakte prawns gehad nie maar vir ekstra twintig rand sal hulle dit vir my skoonmaak.

Ek is twaalfuur by die kantoor weg. Eers huis toe om Vroutjie-doutjie op te laai – sy wou Edenvale toe om materiaal vir die Prinses se “Prinses rok” te koop en ek wou ook by Makro kyk vir La Motte se Sauvignon Blanc (vir die wat dit nog nie gedrink het nie, probeer gerus. Dit is een van ons Suid Afrikaanse wyne om op trots te wees!)

So kom ons toe so om en by drie uur by Food Lovers Market aan. By die vis-afdeling vra ek vir Mr.Carlton, wat breed glimlag toe hy hoor wie ek is. Hy drafstap na agter in die winkel en kom terug met die pak skoongemaakte prawns.

Glimlaggend gee hy die prawns en met ‘n “Sir, thank you for keeping your word. If you did not fetch this prawns I would have been in serious trouble” skud Mr.Carlton my hand… en ek waardeer dit dat Mr.Carlton my woord waardeer… ek waardeer dit dat Mr.Carlton my as mens waardeer en nie stroef deur my staar met ‘n winkel assistent uitdrukking nie… ek waardeer die duisende mense soos Mr. Carlton wat hierdie naweek in winkels werk sodat ek my Kersfees kan geniet.

Geseënde Kersfees Mr.Carlton, vir jou en almal wat saam met jou by Food Lovers Market werk…

en ook sommer vir jou familie…

en die bure in jou straat in Alexandra.

Advertisements

3 thoughts on “Prawns by Food Lovers Market

  1. Sjoe, jy’s gelukkig om vir Mr Carlton aan jou kant te he!Dink jy moet elke af en toe by hom gaan gesigwys, sodat hy jou nie kan vergeet tot volgende Kersfees nie.Geseende dag!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s