KRUGER WILDTUIN EN DIE KANADEES (2)

Dit was… soos gewoonlik in die wildtuin… ‘n wonderlike naweek! Tussen Vrydagmiddag eenuur en Saterdagoggend negeuur het ons die Groot Vyf en die Lelike Vyf (bobejaan, aasvoël, vlakvark, blouwildebees en krokkedil) in al hul glorie gesien! Onder andere drie luiperde! (of is dit luiperds?) 

Die Kannadees het ge-“Oh my God!” tot ons daar uit is!

Van die eerste impala is omtrent ‘n honderd fotos geneem… min het sy geweet hoeveel impalas sy nog oor die naweek sou sien!

Haar eerste ontmoeting met Suid-Afrikaanse kos was melktert by Afsaal. Nou nie so lekker soos vroutjie-doutjie dit maak nie maar nie te onaardig nie. 

Sy was mal oor die sewedae verouderde steak van Paizes se slaghuis wat ons saamgevat het maar die gemarineerde varkrib het haar nie beïndruk nie. Waarvan sy wel baie gehou het was Vroutjie-doutjie se krummelpap! Snaaks dat die buitelanders so baie van pap hou? Doggie se Ierse vriend is net so ‘n pap entosias!

Die koeksisters wat ons saamgevat het is uit die rondawel se yskas gesteel (welkom in Suid Afrika) maar ek het Woensdag voor ons vergadering by Spar ‘n dosyn gekoop. Sy moes daarvan gehou het want toe die vergadering verby is was die koeksisters ook klaar!

Sy het gister op haar facebook blad die volgende gepos:

“Back safe and sound from Africa, man that is God’s country for sure. Unbelievable experience, I will post some of the 1200 photos I took soon! Can’t wait to go back!”

5 thoughts on “KRUGER WILDTUIN EN DIE KANADEES (2)

Lewer kommentaar