KRUGER WILDTUIN EN DIE KANADEES

Vrydag is ons oppad! 

Vyfuur Vrydag oggend kry ek Kollega by OR Tambo. Sy het gevra dat sy net gou, voor ons vertrek, kan stort en ander klere aantrek. ‘n Redelike versoek, in aanmerking geneem dat sy pas ‘n veertien uur vlug van Singapoer agter die rug het! OR Tambo is 7 km van ons af. So, as sy opgevars het kan ons vertrek! Ek wil nie graag later as 9h00 ry nie wat dit is drie en ‘n half uur se ry tot by Malelane in dan 64km tot by Skukuza!

Dan… Haar eerste Suid Afrikaanse braai!

Sy is ‘n Kanadees. Die vorige twee geleenthede wat ons kolegas Wildtuin toe geneem het was hulle Australianers… so asof dit bietjie makliker was… hulle is baie soos ons… eet rooivleis en kuier hard!!! (Die personeel van ons Singapoer kantoor kom van regoor die wereld.)

Ons het (baie subtiel) probeer uitvind wat eet sy (of wat eet sy nie) – antwoord: Sy eet enigeiets behalwe insekte en diere binnegoed (so much for “afval” en “mompanie wurms”)

Sovêr op die spyskaart:

“Aged steak” die slagter het dit goed laat oudword

Sosaties

Varksuster (ontbeente gerookte varkrib wat in lang stukke gesny is en gevleg is)

Mieliemeel vir pap

Brood/tamaties/uie vir braaibroodjies

Amarula

en natuurlik CASTLE

Wyn uit die kaap

Biltong

Droë wors (hulle het dit laas meatsticks genoem)

Chakalaka

Beskuit

Koeksisters

Laatweet wat kan ons haar nog eg-Suid-Afrikaans voer?

(will keep you posted)

Advertisements

11 thoughts on “KRUGER WILDTUIN EN DIE KANADEES

  1. Soet hanepoot voor ‘n kaggelvuur, melktert met daardie wind-/skilferkorse soos die kerktannies maak en malvapoeding. Wat van iets met volstruis of wildsvleispastei – genade, nou is ek ook honger.;D

    Like

  2. Dis goed julle neem kos. Ons is op die oomblik in Letaba en die restaurant en winkeltjie se produkte is baie beperk. Maar die res van die ondervinding is wonderlik. het elke dag die groot 5 gesien. Skukuza het darem ‘n groter winkel. Bespreek ‘n nagrit as julle kan en gaan maak ontbyt by een van die piekniekplekke soos Tshokwane of Afsaal, dis uniek. Die plekkies hier verkoop wildsvleispasteitjies.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s