Vriend Koos Louw se Paai!

Ek het ‘n resep inskrywing op vriend Koos Louw se facebook blad gekry en kon nie die versoeking weerstaan om toestemming van Koos te vra om dit hier te pos nie!

Ek vind altyd dat kos met ‘n storie agtergrond lekkerder is as kos wat sommer net gemaak word. 

Wat die resep nog interesanter maak is die feit dat dit van die 
eksentrieke Koos af kom. 

Ter agtergrond gee ek ‘n kort opsomming van die karakter…Koos.

  • Vriend
  • Regsman
  • Eggenoot wat baie lief is vir sy vrou Reinette
  • sy honde se geliefde vriend (ek dink heimlik hy hou meer van honde as van mense)
  • Digter
  • chef
  • ens.

Hier is die resep:

Eendag sit ek in die Kaap in ‘n kroeg en kla oor die kwaliteit van pastytjies en vertel dat die beste pie wat ooit geëet het was by ‘n winkeltjie in Waterval Boven (op die grootpad na LM) toe ek nog jong kind was. Hier haak so ‘n groot ou af en se dis sy skoonma se paais gewees. Met ‘n toets hier en daar oortuig hy my en twee weke later bel die ou lady my uit ‘Boven uit met die resep.


Jy kon hoor sy’t nie meer tanne nie, maar dit is nie van pastei eet nie. Ek is so opgewonde dat ek eintlik met my regterhand wat minder bewe die resep afskryf. Ek het dit al dikwels getoets en ook ‘n paar aanpassings gemaak. Dit is baie lekker, maar ek wed deesdae dat my ma se resepte ook nie regtig werk nie. Dit gaan oor die metode waaroor hulle nie eens gedink het nie.


525g meel, 10 (ipv 20) ml bakpoeier, 250g botter (ek doen 100 daarvan Holsum sodat die bottersmaak nie oordonder nie), 1 eier, 250 tot 300ml melk (toets self) en so eetlepel suurlemoensap (my toevoeging). As jy ongesoute botter gebruik, 5ml sout. Haai, ek praat van pie en noem nie eens die vulsel nie!


Sif en meng die droë bestanddele in ‘n mengbak terwyl jy die botter/vet vries. Rasper die botterding in die meel. Sny die botter in die deeg en vryf dit later met jou vingers om groot krummels te maak. Moenie te veel karring nie. Meng die eier in 250ml melk en gooi die suurlemoensap daarby. Gooi die vog by die mengsel en meng vinnig deur totdat die lot aanmekaar klou. As nodig, voeg bietjie melk by.


Die botter sal nog klontjies los, moenie worry nie. Sit bol deeg in yskas. Intussen hoop ek jy het al jou vulsel gemaak. My gunsteling is maalvleis (sonder te veel fieterjasies). Dit moet ook koud wees. Die storie raak nou te lank, ek pos sommer ‘n prentjie.


Ek kon nie die prentjie gepos kry nie maar kyk asb op koos se facebook wall
 http://www.facebook.com/profile.php?id=100000269055989.

Advertisements

One thought on “Vriend Koos Louw se Paai!

  1. Nuut op die werf! Jan se huisie lyk soos net voor jy inkom by Arniston op die regterkant. Maak my hartseer want ek dink aan ‘n girl wat ek ken wat op Skipskop gebore was in so’n huisie en dan hoor ek vir David Kramer. Ironies het die skuif Bredasdorp toe die familie baie goed gedoen- hulle het wyd en syd (nie politiek nie!) naam gemaak.Laat weet as julle ‘fine tuning’ advies op die pastykors resep wil he!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s