WEDER BEGIN

Lanklaas geblog…. begin Vannand weer oor die Vark Ribbetjie van vanmiddag!

Jare gelede was ‘n gerookte vark ribbetjie vir ‘n dorpsmens ‘n besonderse ervaring. Dit is net by spesiale geleentheid, wanneer daar uitsoek gaste was, voorgesit. Dan ook net in klein porsies opgedis, as voorgereg.

 

Vandag is ribbetjie alledaags vollop en glad nie meer so gewild nie. Tog trek vrouthiedouwtjie en ek gereëld ‘n gerookte ribbetjie nader vir afwisseling… soos nou weer… en helaas… tot ons bittere spyt! Die ribbetjie is so sout dat jy hom nie kan eet nie! Ja Ja ek weet Willem en Wim gaan nou weer sê ‘n gerookte ribbetjie is sout want hy word gepekel! Maar dit hoef wragtie nie SO ERG te wees dat mens dit nie kan eet nie!

 

Sê ek toe vir vroutjiedoutjie… ‘n gerookte vark ribbetjie het sy geheime. Nie oor hoe jy hom maak of gaarmaak nie… maar hoe jy hom verkry!

 

Jy moet versigtig wees oor waar jy koop en as jy die regte plek kry waar hy lekker smaak, hou aan daar koop.

 

Ek hoor ook dat die nuutste is (of dalk nie so nuut nie net dat ek so uit sirkulasie is) dat die ribbetjie nie meer gerook word nie maar ingespuit word dat hy na gerook proe! Nou kyk, dit sit my sommer heeltemal af, al weet ek nie eers veel van die inspuitery nie!

 

Is daar ‘n manier om die ribbetjie bietjie op te dol en terwelfdertyd die sout the verdwerg? Ek het gewonder oor bietjie heuning en mostert?

Advertisements

7 thoughts on “WEDER BEGIN

  1. Kyk ek kan sommer goed die vieste in raak met die hedendaagse rookgegeurde kos!! Selfs enterprise bacon word nou net rook gegeur! Iets te make met vraag en aanbod en gesondheidsbewustes sal seker iets ingooi van dit verlaag die risiko van kanker (maar preserveermiddels en toegevoegde middels, soos die rookgeur, balanseer dit eintlik weer uit)Om die sout so klein bietjie te verminder kan jy ribbetjie bietjie in skoon water kook, net ‘n rukkie – dit sal darem van bietjie van die sout ontslae raak en sommer maak dat die vleisie bietjie sagter is. Maar ek is bevrees bietjie van die rookgeursel sal ook daarmee uitgaan. Kry ‘n ORDENTLIKE duitse slagter en moenie bang wees om vir kwaliteit te betaal nie.

    Like

  2. Hi daar, dis iets wat ons bitter min eet die kant, net as ons gaan kamp. Dan koop skoonsus ribbetjies by die een of ander man wat saammet haar werk, MENS, is dit nou vir jou lekker. Ek weet nie hoe hy dit rook of watter sous hy opsit nie, maar dit val van die been af en jy lek jou vingers rou, so lekker is dit!

    Like

  3. Ek vertrou bitter min verwerkte en gerookte goed. Glo dis oud en sell-by en use-by date is so verleng.Opinie.Koop hom vars en sit jou eie marinade op. Dink ek. Julle is ook in Pretoria. Wie verskaf goeie vleis? Ek het vandag by ou Eddie van Niekerk se slaghuis (lynnwood/Louis Botha str) van sy onverbeterlike wors gaan koop. Net so klein krulletjie, vir dadelik gaarmaak, want niemand kan soos hy nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s