FOCACCIA

Vroutjie-doutjie en ek probeer vandag ‘n focacia uit ‘n tydskrif wat sy by die dokter se ontvangsdame gebedel het. (Vra eerder die tydskrif as om skelm die blaai uit te skeur en dan die half verkeurde tydskrif daar te los. Gesteelde resepte werk soms maar jy sal nooit lekker aan die kos van ‘n gesteelde resep eet nie want jou tande sal die heel tyd vir jou vertel jy was skelm!). Die deeg is nou besig om te rys.

Ons het al voorheen ‘n focaccia probeer maar ek was te baldadig met die growwe sout! Hierdie keer gaan ek versigtiger wees met die sout. Die resep het peppadews in. Ek sien  daarna uit om te sien hoe dit werk!

Ons het ook al ‘n ciabatta probeer maar dit was vir my nie ‘n sukses nie. Ek soek eweredige rysgate in my ciabatta. Die rysgate moet aan die groterige kant wees. Die smaak was ook net nie soos die Italianers sin nie! Ek het alles tipes suurdeeg behalwe aartappel suurdeeg probeer. Tot ‘n suurdeeg wat ek self van meel en water begin groei het. Dit was net nie die ware Jakob nie. Ek wens ek kon Italiaans praat dan het ek met ‘n Italiaanse tannie op die net kontak gemaak vir ‘n resep!

Hou julle op hoogte van my focaccia.  

Advertisements

One thought on “FOCACCIA

  1. Hi DB,. Well die eerste ding is dat n mens nie moet uitstel nie, ek ht my eertse boot herbou terwyl ek nog op skool was, dit is nou 35 later, en ek pak stedds so dan en wan iets aan sommer net vir die plesier daarvan. Amper soos n kind wat model vliegtuigies bou. Ek konsentreer net op die deel waarmee ek besig is, en ek het geen tyds beperking op nie, as dit 6 maande neem is dit goed, en as dit ses jaar neem is dit ook reg. dit gaan oor die bou.Dit is nog altyd my droom om n Truimph Spitfire te bou, maar ek het nog nooit die geld gehad om een te koop as ek dit sien nie, en as ek n parr rand het, sien ek nie een nie.Mens kan enige enjin of ratkas in enige iets sit. dit is maar bloot n kwessie van “adaptor plates” tussen die engin en ratkas, en soos jy op die fotos, as ons nie n onderdeel het nie, maak ons dit sommer self,.. sny bietjie hier,.. buig bietjie daar, met n vlam en bietjie geduld kan n mens wondere verrig,..Baie dankie vir die inloer… ek is bly jy het ek het nooit geweet van die lekker resepte nie, ek is lief vir lekker goed maak, ek gaan beslis n paar resepte by jou steel!!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s